hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44 Die Boodskap (DB)

2. Ons oupas en oumas het vir ons gesê U, o God, het baie groot dinge in hulle tyd gedoen.Dit was lank, lank gelede, toe U vir die Israeliete ’n land gegee het.

3. Met u groot krag het U vreemde volke voor u kinders uit verjaag.Vir u kinders het U ’n blyplek gegee.

4. Dit was nie u kinders se wapens wat so goed was dat hulle die oorlog gewen het nie.Nee, dit was nie hulle wat so sterk was nie. Dit was U.U het hulle met u groot krag gehelp.U wou hulle help omdat U baie lief is vir hulle.

5. God, U regeer ook oor ons.Ons erken dat U die sterkste van almal is.Help ons net soos U ons oupas en oumas gehelp het.

6. Met u hulp sal ons die mense wat met ons baklei onderstebo loop. In u Naam wen ons die mense wat teen ons opstaan.

7. Ons maak nie op ons eie krag staat nie. Ons wapens sal ons nie laat wen nie.

8. Dis net U wat ons in die verlede laat wen het.U het ons vyande skaam-skaam huis toe laat gaan.

9. Ons het U toe heeldag lank geprys en bewonder. Ons het U geloof.

10. Maar, Here, U het ons nou van U af weggestamp!U het ons verneder!U het ons nie gehelp toe ons teen ander mense geveg het nie.

11. Ons moes vlug.Ons vyande het al ons goed gevat.Hulle gee niks vir ons om nie.

12. Ons is soos diere wat geslag word.U het ons uitgelewer aan vreemde mense in die omgewing en ons tussen hulle verstrooi.

13. U het u kinders vir wie U lief is, byna verniet weggegee.In ruil daarvoor het U amper niks gekry nie. U maak geen wins op ons nie.

14. U het ons verneder voor almal wat rondom ons bly.Die mense wat ons sien, lag ons uit. Hulle spot met ons.

15. Mense van ander nasies spot met ons. Hulle kyk op ons neer.

16. Ons word heeltyd verneder.Ons kan niemand meer in die oë kyk nie. Ons is te skaam.

17. Ons vyande spot met ons. Hulle trap ons in die modder.Hulle geniet dit om lelik met ons te wees.

18. Kyk net wat het alles met ons gebeur, Here!Ons het U en u ooreenkoms met ons nie vergeet nie.

19. Ons het nie ons rug vir U gedraai nie.Ons het nie van u pad weggegaan nie.

20. Tog het U ons vernietig. Ons huise is afgebreek.Ons leef in die land waar die dood vir ons loer.

21. God weet mos as ons Hom skielik nie meer dien nie.Hy sal vinnig agterkom as ons by vreemde afgode hulp gaan vra.

22. Hy weet wat mense in die geheim dink en doen. Sou Hy nie agterkom wat ons doen nie?

23. U het ons ’n lang tyd laat swaarkry, Here.Dit is oor U dat ons behandel is soos diere wat geslag word.

24. Is U nog daar, Here? Slaap U?Hoekom doen U dan niks nie? Gryp in!Moenie ons wegstamp nie!

25. U maak asof U nie daar is nie.U speel wegkruipertjie met ons. U steur U nie aan ons nie!U draai die rug vir ons terwyl ons swaarkry en mense met ons spot.

26. Ons word in die grond in getrap. Ons kan nie self regop kom nie.

27. Help ons, Here! Red ons omdat U ons liefhet.