hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 11 Die Boodskap (DB)

Opgedra aan die musiekleier. ’n Dawidspsalm

1. Ek gaan kruip weg by die Here.Ek verstaan nie hoekom mense vir my sê om soos ’n voël weg te vlieg en op ’n ander plek hulp te gaan soek nie.

2. Mense wat U nie dien nie, probeer ander tot ’n val bring, Here.Hulle staan reg om mense wat reg lewe seer te maak.Hulle val mense wat reg lewe in die donker aan.

3. Hulle doen dit wanneer niemand hulle sien nie.Mense wat reg lewe, is magteloos teen hulle.

4. Die Here is in sy woonplek. Hy regeer uit die hemel oor alles.Hy kyk wat mense doen en toets hulle optrede.

5. Die Here kyk of dié wat reg lewe sy toets slaag. Hy het geen tyd vir daardie spul wat alles met hulle vuiste en wapens wil uitsorteer nie.

6. Mag die Here almal wat Hom nie dien nie, voor Hom wegvee.Mag Hy hulle soos ’n orkaan tref.

7. Die Here is altyd regverdig. En Hy hou daarvan as mense die regte dinge doen.Almal wat opreg lewe, sal voor die Here kan gaan staan.