hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30 Die Boodskap (DB)

Voorbereidings vir die paasfees

1. Hiskia het boodskappers na almal in Israel en Juda gestuur en briewe geskryf vir die mense van Efraim en Manasse om hulle uit te nooi om almal saam die paasfees ter ere van die Here, die God van Israel, by die tempel in Jerusalem te kom vier.

2. Hiskia, sy amptenare en al die belangrike mense in Jerusalem het besluit om die paasfees ’n maand later as gewoonlik te hou.

3. Dit moes so gebeur omdat hulle die fees nie op sy gewone tyd kon hou nie. Die priesters was nie gereed daarvoor nie en al die mense was nog nie in Jerusalem toe die fees moes plaasvind nie.

4. Die koning en al die mense het toe besluit om die paasfees uit te stel.

5. Hulle het toe ’n amptelike brief deur die hele Israel uitgestuur, van Berseba in die suide tot by Dan in die noorde. Daarin het hulle almal uitgenooi Jerusalem toe om die paasfees van die Here, Israel se God, te kom vier.

6. Op die koning se bevel is boodskappers deur die hele Israel en Juda gestuur met briewe wat die volgende boodskap bevat het:Israeliete! Kom terug na die Here, die God van Abraham, Isak en Israel. Dan sal Hy terugkom na ons almal wat die aanvalle van die Assiriese konings vrygespring het.

7. Moenie soos julle familie wees nie. Hulle was nie getrou aan die Here die God van hulle voorouers nie. Daarom het Hy hulle tot ’n bespotting gemaak onder die ander mense. Julle kan dit self sien.

8. Moenie so hardkoppig soos hulle wees nie. Aanvaar die Here se aanbod. Kom na sy tempel wat Hy vir altyd uitgekies het en kom dien die Here, julle God, sodat Hy nie vir julle kwaad bly nie.

9. As julle na die Here toe terugkom, sal die mense wat julle familie en kinders gevang het, hulle jammer kry. Hulle sal dan terugkom na hierdie land toe. Onthou, die Here julle God gee vir julle om. Hy loop oor van goedheid. As julle na Hom toe terugkom, sal Hy julle nie langer verwerp nie.

10. Die boodskappers het die brief van dorp tot dorp in Efraim en Manasse en so ver as Sebulon geneem, maar die mense het hulle uitgelag en hulle gespot.

11. Daar was egter wel mense uit Aser, Manasse en Sebulon wat nederig genoeg was om Jerusalem toe te kom.

12. In Jerusalem het die Here eensgesindheid onder al die mense bewerk. Hulle wou almal graag doen wat die koning en leiers beveel het. Dit was presies volgens die Here se woord.

Die viering van die paasfees

13. ’n Baie groot klomp mense het toe in die tweede maand vir die paasfees en die fees van die ongesuurde brood in Jerusalem bymekaargekom.

14. Hulle het aan die werk gespring en al die heidense altare in Jerusalem afgebreek. Hulle het selfs die wierookaltare gevat en dit in die Kidronvallei gaan weggooi.

15. Op die regte dag in die tweede maand, ’n maand later as gewoonlik, het die mense die paaslammers geslag. Toe het die priesters en die Leviete skaam geword, hulleself reg voorberei om in die Here se diens te staan en brandoffers by die Here se tempel gaan verbrand.

16. Hulle het op die plekke gaan staan wat hulle s’n was volgens die reëls in die wet van Moses. Die Leviete het die bloed van die offer na die priesters toe gebring en hulle het dit teen die altaar uitgegooi.

17. Omdat baie mense hulleself nie reg voorberei het vir die fees nie, moes die Leviete al hulle paaslammers vir hulle slag. Die Leviete moes toe die diere aan die Here toewy.

18. Dit was nodig omdat baie mense nog nie gereed was vir die fees nie. Hulle het veral uit Efraim, Manasse, Issaskar en Sebulon gekom, waar die paasfees nie op die voorgeskrewe manier gevier word nie. Maar koning Hiskia het vir hulle gebid en hulle kon ook die paasete eet, al was dit teen die letter van die wet van God. Hiskia het gebid: “Mag die Here wat goed is, die mense vergewe

19. wat besluit het om Hom te volg, selfs al is hulle nie reg voorberei vir die viering van die fees nie!”

20. Die Here het Hiskia se gebed verhoor en die mense vir die fees aanvaar.

21. Die mense van Israel wat in Jerusalem was, het die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot vreugde gevier. Die Leviete en die priesters het elke dag met musiekinstrumente vir die Here gesing.

22. Hiskia het die Leviete aangemoedig wat goeie insig in die diens van die Here getoon het. So het die fees vir sewe dae aangehou. Vredesoffers is gebring en die mense het hulle sonde teenoor die Here, die God van hulle voorouers, erken.

23. Die hele vergadering het toe besluit om die fees met sewe dae te verleng. Hulle het nog ’n week lank met vreugde feesgevier.

24. Koning Hiskia het vir die mense 1 000 bulle en 7 000 stuks kleinvee gegee en sy amptenare het nog 1 000 bulle en 10 000 stuks kleinvee gegee. Intussen het ’n groot aantal priesters hulleself ook gereedgemaak vir hulle diens.

25. Die hele vergadering van Juda was baie bly. Dit het die priesters, Leviete en al die mense wat van die land van Israel af gekom het, en almal wat in Juda gewoon het, ingesluit.

26. Daar was groot vreugde in die stad, want Jerusalem het nie sedert die dae van Salomo só feesgevier nie.

27. Die Levitiese priesters het opgestaan en die mense geseën. Uit sy heilige woonplek in die hemel het God hulle gebede verhoor.