hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 16 Die Boodskap (DB)

Asa se oorlog teen Israel

1. In die 36ste jaar dat Asa regeer het, het Israel se koning, Baesa, teen Juda begin oorlog maak. Baesa het Rama tot ’n baie sterk en veilige stad opgebou om te keer dat Asa se mense Juda kon verlaat of inkom.

2. Asa het toe silwer en goud uit die tempel en sy paleis se skatkamers laat haal en dit vir Ben-Hadad gestuur. Ben-Hadad het in Damaskus gewoon en was die koning van Aram. Asa se boodskap aan Ben-Hadad was:

3. “Hiermee hernu ek die ooreenkoms wat reeds tussen my pa en u pa bestaan het. Hier is ’n geskenk van silwer en goud vir u. Nou wil ek vra dat u u ooreenkoms met koning Baesa van Israel moet verbreek. Val hom aan, sodat hy my kan uitlos.”

4. Ben-Hadad het besluit om te doen wat Asa gevra het. Hy het die bevelvoerders van sy leërs gestuur om Israel aan te val. Hulle het die stede Ijon, Dan en Abel-Maim verwoes en die voorraadstede van Naftali geplunder.

5. Toe Baesa dit hoor, het hy dadelik met sy bouwerk in Rama opgehou.

6. Asa het toe vinnig ingespring. Hy het al die mense van Juda opgeroep om die bouklip en hout wat Baesa in Rama gebruik het, weg te dra. Hulle het dit toe gebruik om die dorpe Geba en Mispa op te bou.

7. In dié tyd het Hanani, die siener, met koning Asa gaan praat en vir hom gesê: “U het nou op die koning van Aram vertrou om u te help, in plaas daarvan om op die Here, u God, te vertrou. Daarom het u ’n kans om die leër van Aram te verslaan deur u vingers laat glip.

8. Onthou u met hoe ’n groot leër die mense van Kus en Libië u aangeval het? Daar was verskriklik baie strydwaens en perderuiters. Maar toe het u op die Here vertrou om te help en Hy het u laat wen.

9. Onthou net, die Here soek na mense wat Hom volkome vertrou; dan help Hy hulle. Hierdie keer was u dom! Van nou af sal u die hele tyd oorlog maak.”

10. Asa het só kwaad geword vir die siener oor wat hy gesê het dat hy hom in die tronk gegooi het. Dit was juis ook in daardie tyd dat Asa van sy mense begin onderdruk het.

’n Opsomming van Asa se regeringstyd

11. Asa se hele geskiedenis is in Die Geskiedenis van die Konings van Juda en Israel opgeskryf.

12. In sy 39ste regeringsjaar het Asa ’n ernstige voetsiekte gekry. Selfs toe dit later sy lewe in gevaar gestel het, het hy steeds nie die Here nie, maar sy dokters vertrou om hom gesond te maak.

13. Hy is dood in die 41ste jaar dat hy regeer het.

14. Hy is toe in die graf begrawe wat hy vir homself in die Dawidstad laat uitkap het. Die bed waarop sy liggaam uitgelê is, was gegeur met speserye en geurige olies. By die begrafnis het hulle ’n baie groot vuur aangesteek om die laaste eer aan hom te bewys.