hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15 Die Boodskap (DB)

Asa se godsdienstige hervormings

1. God se Gees het Asarja, Oded se seun, beetgepak.

2. Hy het uitgegaan om vir koning Asa te ontmoet toe hulle van die geveg af terugkom. Hy het gesê: “Luister na my, Asa! Luister, julle mense van Juda en Benjamin! Die Here sal by julle wees, solank julle by Hom bly. Wanneer julle Hom soek, sal Hy toelaat dat julle Hom vind. Maar as julle van Hom af weggaan, sal Hy van julle af weggaan.

3. Israel was vir ’n lang ruk sonder God en ook sonder ’n priester om hulle van God te leer én sonder sy wet.

4. Maar in moeilike tye, as julle by Israel se God, die Here, hulp gaan soek het, het Hy elke keer gehelp.

5. In sulke tye was niemand veilig nie. Daar was groot onrus in al die lande:

6. die een nasie het teen die ander geveg en stede teen mekaar, want God het hulle met verwarring geteister.

7. Vertrou op die Here. Moenie moedeloos word nie. Julle sal vir julle werk beloon word.”

8. Toe Asa die boodskap van die profeet hoor, het hy moed geskep. Hy het die afgode uit al die dorpe van Juda en Benjamin verwyder, ook dié wat in die dorpe in die Efraimsberge was wat hy verower het. Hy het ook die altaar van die Here herstel wat by die tempel gestaan het.

9. Asa het toe al die mense van Juda en Benjamin, asook die groot groep uit Efraim en Manasse en Simeon wat tussen hulle kom bly het, bymekaargeroep. Baie mense het tydens Asa se regering na Juda toe getrek omdat hulle kon sien dat die Here, sy God, hom ondersteun het.

10. Hulle het in die derde maand van die vyftiende jaar waarin Asa regeer het, in Jerusalem bymekaargekom.

11. Dié dag het hulle baie van die diere wat hulle in die oorlog afgevat het, vir die Here geslag. Hulle het 700 beeste en 7 000 skape en bokke geoffer.

12. Daarna het hulle ’n ooreenkoms met mekaar gesluit dat hulle die Here, die God van hulle voorouers, met alles in hulle vermoë sou dien.

13. Hulle het besluit om enigiemand, oud of jonk, man of vrou, wat dit nie wou doen nie, dood te maak.

14. Hulle het hulle belofte aan die Here met vreugde uitgeskree terwyl hulle hard op die trompette en ramshorings blaas.

15. Al die mense van Juda was bly oor die belofte wat hulle gemaak het, want hulle het dit regtig bedoel. Hulle wou graag doen wat die Here van hulle verwag het en die Here het hulle gehelp. Hy het toe vir hulle vrede met al die volke rondom hulle gegee.

16. Asa het selfs sy ouma Maäka as koningin-moeder afgesit omdat sy ’n vieslike pilaar ter ere van Asjera gemaak het. Asa het die ding afgekap, in stukke gebreek en toe in die Kidronvallei gaan verbrand.

17. Al is die plekke waar ander gode gedien is, nie almal uit Israel verwyder nie, was Asa sy lewe lank uiters getrou aan die Here.

18. Hy het die goue en silwervoorwerpe wat hy en sy pa spesiaal vir die Here bymekaargemaak het, in die tempel gaan sit.

19. Tot in die 35ste jaar waarin Asa regeer het, was daar nie weer oorlog nie.