hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11 Die Boodskap (DB)

Rehabeam probeer die opstand onderdruk

1. Toe Rehabeam in Jerusalem aankom, het hy 180 000 uitgesoekte soldate uit die stamme van Juda en Benjamin opgeroep. Hy wou teen Israel gaan oorlog maak om sy koningskap oor hulle te herstel.

2. Die Here het met Semaja, die man van God, gepraat:

3. “Gaan sê vir Rehabeam, Salomo se seun en koning van Juda, asook vir al die Israeliete in Juda en Benjamin:

4. ‘Hier is die Here se boodskap vir julle: Moenie teen julle familie gaan veg nie. Gaan huis toe, want wat gebeur het, het Ek laat gebeur.’” Hulle het na die Here se opdrag geluister en nie teen Jerobeam gaan oorlog maak nie.

Rehabeam versterk die stede van Juda

5. Rehabeam het in Jerusalem bly woon. Hy het verskeie stede se mure sterker gebou om Juda te beveilig.

6. Hy het die volgende stede in Juda en Benjamin tot vestingstede versterk: Betlehem, Etam, Tekoa,

7. Bet-Sur, Soko, Adullam,

8. Gat, Maresa, Sif,

9. Adorajim, Lakis, Aseka,

10. Sora, Ajalon en Hebron.

11. Hy het die stede versterk en militêre bevelvoerders daar geplaas. By elkeen is daar ’n voorraad kos, olyfolie en wyn geplaas,

12. asook skilde en spiese om die plekke verder te versterk. So het net Juda en Benjamin onder sy beheer gebly.

Die priesters en Leviete trek na Juda toe

13. Al die priesters en Leviete wat tussen die noordelike stamme gewoon het, was aan Rehabeam se kant.

14. Die Leviete het selfs hulle grond en besittings verlaat om na Juda en Jerusalem te trek. Dit was omdat Jerobeam en sy seuns hulle nie wou toelaat om priesters vir die Here te wees nie.

15. Hy het sommer sy eie priesters aangestel vir die heiligdomme, afgode en kalwers wat hy gemaak het.

16. Al die mense uit die noordelike stamme van Israel wat graag die Here, die God van Israel, wou dien, het die priesters en Leviete Jerusalem toe gevolg. Daar kon hulle aan die Here, die God van hulle voorouers, offers bring.

17. Dit het die koninkryk van Juda versterk. Hulle het drie jaar lank vir Rehabeam, Salomo se seun, ondersteun. Hulle het toegewyd probeer om die Here te dien soos hulle dit in die tyd van Dawid en Salomo gedoen het.

Rehabeam se familie

18. Rehabeam het met sy niggie Magalat getrou. Haar pa was Jerimot, een van Dawid se seuns, en haar ma was Abihajil, ’n dogter van Isai se seun Eliab.

19. Hy en Magalat het drie seuns gehad. Hulle was Jeüs, Semarja en Saham.

20. Later het Rehabeam ook met Maäka, Abisalom se dogter, getrou. Hulle twee het vier seuns gehad: Abia, Attai, Sisa en Selomit.

21. Rehabeam was liewer vir Maäka as vir sy ander vroue en byvroue. Hy het altesaam agtien vroue en 60 byvroue gehad en was die pa van 28 seuns en 60 dogters.

22. Rehabeam het Maäka se seun Abia leier onder die prinse gemaak om te wys dat hy die volgende koning sou word.

23. Hy was ook wys genoeg om vir sy ander seuns verantwoordelikhede te gee. Hy het hulle in die versterkte stede van Juda en Benjamin geplaas. Daar het hy verseker dat hulle baie kosvoorrade ontvang. Hy het ook gesorg dat hulle baie vroue het om mee te trou.