hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 17 Bybel vir Almal (ABA)

Die Israeliete moet offer by die tent waar die Here aan hulle verskyn

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir Aäron en sy seuns en vir al die Israeliete sê: Die Here het gesê:

3. ’n Israeliet wat ’n bul of ’n skaap-ram of ’n bok-ram slag, mag dit nie doen binne of buite die kamp nie.

4. Hy moet dit bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en hy moet dit vir die Here offer voor die tempel-tent. Iemand wat dit nie doen nie, is skuldig, hy het ’n bloedsonde gedoen. Hy het bloed laat uitvloei, en julle moet hom afsny van sy volk.

5. Die Israeliete moenie die offers in die veld offer, soos hulle voorheen gedoen het nie, hulle moet dit na die Here toe bring. Hulle moet dit bring na die priester by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en hulle moet dit daar slag om ete-offers vir die Here te wees.

6. Die priester moet die bloed spat teen die altaar van die Here by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. En hy moet die vet verbrand. Dit sal lekker ruik vir die Here.

7. Die Israeliete was voorheen ontrou aan die Here, hulle het hulle offers geslag vir die veldgode. Die Israeliete en hulle nageslag mag dit nooit weer doen nie.

8. “Jy moet vir die Israeliete sê: ’n Israeliet of ’n vreemdeling wat ’n brand-offer of ’n ander offer bring,

9. mag dit net bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, hy moet dit dáár vir die Here offer. As hy dit nie daar offer nie, dan moet hulle hom afsny van sy volk.”

Die Israeliete mag nie bloed eet nie

10. “Wanneer ’n Israeliet of ’n vreemdeling bloed eet, dan is Ek téén daardie persoon wat die bloed eet, en julle moet hom afsny van die volk.

11. Want ’n liggaam se lewe is in die bloed, en Ek het vir julle die bloed gegee om vir julle versoening te doen op die altaar. Die lewe is in die bloed, en die bloed doen versoening vir julle lewens.

12. Daarom sê Ek vir die Israeliete: Niemand van julle of niemand van die vreemdelinge wat tussen julle woon, mag bloed eet nie.

13. Wanneer ’n Israeliet of ’n vreemdeling wilde diere of voëls vang wat hy kan eet, dan moet hy die bloed laat uitvloei en hy moet dit toemaak met grond.

14. Want die bloed is die lewe van elke liggaam. Daarom sê Ek vir die Israeliete: Julle mag nooit bloed eet nie, en as iemand dit doen, dan moet julle hom afsny van sy volk.

15. Elke Israeliet of vreemdeling wat ’n dier eet wat self gevrek het of iemand wat iets eet wat dood is toe ’n wilde dier dit gevang het, hy moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand toe, daarna is hy rein.

16. As hy nie sy klere was en homself bad nie, dan sal Ek hom straf, want hy is skuldig.”