hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 9 Bybel vir Almal (ABA)

Die priesters begin om hulle werk te doen

1. Op die dag nadat Moses die priesters gewy het, het hy vir Aäron en sy seuns en die leiers van Israel geroep,

2. en hy het vir Aäron gesê: “Jy moet ’n gesonde bul-kalf neem om ’n sonde-offer te wees en ook ’n gesonde skaap-ram om ’n brand-offer te wees, en jy moet hulle vir die Here offer.

3. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Julle moet ’n gesonde bok-ram neem om ’n sonde-offer te wees en julle moet ’n gesonde jaaroud kalf en ’n skaap-lam neem om ’n brand-offer te wees.

4. En julle moet ’n bul en ’n skaap-ram vir die Here offer om ete-offers te wees, en ook ’n koring-offer van meel wat julle met olyf-olie gemeng en geknie het, want vandag sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is.’ ”

5. Die Israeliete het gegaan na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn en hulle het alles wat Moses gesê het, na die voorkant van die tempel gebring. Die hele volksvergadering het nader gekom en hulle het voor die Here kom staan.

6. Moses het gesê: “Dit is wat die Here gesê het julle moet doen sodat julle die lig kan sien wat om die Here, die Koning, is.”

7. Toe sê Moses vir Aäron: “Kom na die altaar en offer jou sonde-offer en jou brand-offer en doen versoening vir jouself en vir die volk. Jy moet die offer van die volk offer en jy moet vir hulle versoening doen, soos die Here gesê het.”

8. Aäron het na die altaar gekom en hy het die kalf geslag wat sy eie sonde-offer moes wees.

9. Aäron se seuns het die bloed vir hom gebring. Hy het sy vinger in die bloed gesteek en hy het bloed aan die horings van die altaar gesmeer. Hy het die bloed wat oorgebly het, onder teen die altaar uitgegooi.

10. Hy het die vet en die niere en die punt van die lewer van die kalf op die altaar verbrand, soos die Here vir Moses gesê het.

11. Hy het die vleis en die vel van die kalf buite die kamp verbrand.

12. Daarna het Aäron die skaap-ram geslag wat ’n brand-offer moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed rondom teen die altaar gespat.

13. Sy seuns het vir hom die stukke vleis en die kop van die ram gebring, en hy het dit op die altaar verbrand.

14. Hy het die binnegoed en die pote afgewas en hy het dit saam met die vleis en die kop op die altaar verbrand.

15. Daarna het Aäron die offer van die volk ge-offer. Hy het die bok-ram geneem wat die sonde-offer van die volk moes wees en hy het dit geslag en ge-offer soos hy sy eie offer ge-offer het.

16. Toe het hy die brand-offer gebring en hy het daarmee gedoen wat hy moes doen.

17. Hy het die koring-offer gebring. Hy het ’n handvol daarvan geneem en hy het dit op die altaar verbrand. Hy het ook die oggend-offer gebring.

18. Daarna het hy die bul en die skaap-ram geslag wat die ete-offers van die volk moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed teen die altaar gespat, oral rondom die altaar.

19. Hulle het die vet van die bul en die ram gebring, en ook die vetstert, die netvet, die niere en die punt van die lewer.

20. Hulle het dit neergesit op die bors-stukke. Daarna het Aäron die vet verbrand op die altaar.

21. Aäron het die bors-stukke en die regter-boude heen en weer beweeg voor die Here om ’n beweeg-offer te wees, soos die Here vir Moses gesê het.

22. Daarna het Aäron sy hande opgetel en hy het die volk geseën. Hy het teruggekom nadat hy die sonde-offers en die brand-offers en die ete-offers klaar ge-offer het.

23. Moses en Aäron het ingegaan in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die hele volk het die lig gesien wat om die Here, die Koning, was.

24. ’n Vuur het van die Here gekom, en dit het die brand-offer en die vet op die altaar verbrand.