hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 5 Bybel vir Almal (ABA)

Skuld-offers

1. Die Here het vir Moses gesê: “’n Persoon het miskien gesien dat iemand iets verkeerd doen of hy weet miskien daarvan. Of hy het miskien gehoor dat iemand ’n ander persoon vervloek. Hy kan ’n getuie wees, maar hy wil nie vertel wat gebeur het nie. Dan het daardie persoon sonde gedoen, hy is skuldig.

2. Of iemand raak miskien aan ’n onrein ding, maar hy weet dit nie, of hy raak aan ’n dooie, onrein, wilde dier of aan ’n mak, dooie dier of ’n klein diertjie. As hy dit doen, dan het hy onrein geword, en hy is skuldig.

3. Of iemand raak miskien aan iets wat onrein is, en wat van ’n mens kom. Hy raak aan enige iets wat hom onrein laat word, maar hy weet dit nie. Dan is hy skuldig wanneer hy dit later besef.

4. Of iemand dink miskien nie goed wat hy sê nie en hy belowe iets en hy sê die Here is die getuie. Hy belowe iets wat goed is of iets wat sleg is, mense doen dit partymaal wanneer hulle nie goed dink nie. Die persoon weet nie dat hy verkeerd gedoen het nie, maar wanneer hy later besef wat hy gedoen het, dan is hy skuldig.

5. Wanneer hy besef dat hy skuldig is omdat hy een van hierdie dinge gedoen het, dan moet hy bely dat hy sonde gedoen het

6. en hy moet vir die Here ’n skuld-offer bring vir die sonde wat hy gedoen het. Dit moet ’n ooi wees, ’n skaap-ooi of ’n bok-ooi om ’n sonde-offer te wees. Die priester moet vir die persoon versoening doen vir sy sonde.

7. As die persoon nie ’n skaap of ’n bok het nie, dan kan hy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring om ’n skuld-offer vir sy sonde te wees, een duif is om ’n sonde-offer te wees en een duif is om ’n brand-offer te wees.

8. Hy moet die duiwe na die priester toe bring, en die priester moet eerste die duif offer wat ’n sonde-offer moet wees. Die priester moet die duif se nek omdraai, maar hy moenie die kop aftrek nie.

9. Dan moet hy ’n bietjie van die duif se bloed teen die kante van die altaar spat en hy moet die bloed wat oorbly, uitdruk teen die onderkant van die altaar. Dit is die sonde-offer.

10. Die priester moet die tweede duif offer soos hy altyd ’n brand-offer offer. Die priester doen so versoening vir die persoon, en die Here sal sy sonde vergewe.

11. As die persoon nie duiwe kan koop nie, dan moet hy een tiende van ’n efa van die beste meel bring om ’n sonde-offer te wees vir die sonde wat hy gedoen het. Hy moenie olie op die meel gooi nie en hy moenie wierook bo-op sit nie, want dit is ’n sonde-offer.

12. Hy moet die meel vir die priester bring. Die priester moet ’n handvol van die meel neem en hy moet dit verbrand op die altaar, saam met die vuur-offer vir die Here. Die handvol meel is die teken van die hele offer. Dit is ’n sonde-offer.

13. So doen die priester versoening vir die persoon se sonde, en die Here sal hom vergewe. Die priester mag die meel kry wat oorgebly het, soos by die koring-offer.”

14. Die Here het vir Moses gesê:

15. “Iemand wou miskien nie verkeerd doen nie, maar hy het verkeerd gedoen met die gewyde dinge van die Here. Dan moet hy ’n gesonde skaap-ram vir die Here gee om ’n skuld-offer te wees.

16. Die persoon moet dan die geld betaal vir die sonde wat hy gedoen het teen die gewyde dinge. Hy moet ook nog een vyfde bysit en hy moet dit vir die priester gee. Die priester moet dan vir die persoon versoening doen met die ram wat ’n skuld-offer is, en die Here sal die persoon se sonde vergewe.

17. “Iemand weet miskien nie dat hy sonde doen omdat hy ongehoorsaam is aan een van die gebooie nie. As hy ongehoorsaam is, dan is hy skuldig en dan moet hy betaal.

18. Hy moet ’n gesonde skaap-ram na die priester toe bring om ’n skuld-offer te wees. Jy moet sê hoe groot die ram moet wees. Die priester moet dan versoening doen vir die sonde wat die persoon gedoen het. Hy het nie geweet dat hy die sonde doen nie maar hy het dit gedoen. Die Here sal hom vergewe.

19. “Dit is die skuld-offer, wanneer iemand regtig skuldig is voor die Here.”