hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 12 Bybel vir Almal (ABA)

Vroue wat kinders kry

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer ’n vrou swanger word en sy kry ’n seun, dan sal sy sewe dae lank onrein wees. Dit sal wees soos wanneer sy menstrueer.

3. Sy moet die seuntjie laat besny op die agste dag.

4. Wanneer sy opgehou het om te bloei, dan moet sy nog 33 dae lank wag om heeltemal rein te word. In hierdie tyd mag sy nie raak aan iets wat gewyd is nie en sy mag nie in die gewyde plek kom nie.

5. “As sy ’n dogter kry, dan sal sy twee weke lank onrein wees soos wanneer sy menstrueer. Sy moet 66 dae lank wag om heeltemal rein te word, wanneer sy opgehou het om te bloei.

6. “Wanneer die tyd verby is en sy is weer rein, dan moet sy ’n jaaroud lam bring om ’n brand-offer te wees en ’n makduif of ’n tortelduif om ’n sonde-offer te wees. Sy moet dit na die priester toe bring by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

7. Die priester moet dan die lam en die duif offer vir die Here. So moet hy versoening doen vir die vrou. Daarna is sy rein nadat sy opgehou het om te bloei. Dit is wat moet gebeur met ’n vrou wat ’n baba kry.

8. As sy nie ’n skaap kan bring nie, dan moet sy twee tortelduiwe of twee makduiwe bring. Die een duif is ’n brand-offer en die ander duif is ’n sonde-offer. So moet die priester versoening doen vir haar en sê dat sy weer rein is.”