hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27

Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3 Bybel vir Almal (ABA)

Ete-offers

1. Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand ’n ete-offer wil bring, en die offer is ’n bees, dan moet dit ’n gesonde bul of koei wees. Hy moet dit nader bring voor die Here.

2. Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet dit slag by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat. Hulle moet dit oral rondom die altaar spat.

3. Die persoon wat die offer gee, moet dan die ete-offer nader bring, dit is die vuur-offer vir die Here. Die vuur-offer is die netvet, al die vet aan die binnegoed,

4. die twee niere, die niervet aan die kruis, en die punt van die lewer. Hy moet dit saam met die niere uithaal.

5. Die priesters van die nageslag van Aäron moet dit op die altaar verbrand saam met die brand-offer wat op die hout op die vuur is. Dit is ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here.

6. “Wanneer die persoon vir die Here ’n skaap of ’n bok vir ’n ete-offer wil gee, dan moet hy ’n gesonde ram of ooi gee.

7. As hy ’n skaap wil gee, dan moet hy dit nader bring voor die Here.

8. Hy moet sy hand op die kop van sy offer-dier sit en hy moet dit slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.

9. Die persoon moet dan ’n deel van die ete-offer vir die Here bring, dit is ’n vuur-offer. Die deel is: die vet, die hele vetstert wat hy by die stuitjie afsny, die netvet, al die vet aan die binnegoed,

10. die twee niere en die niervet aan die kruis en ook die punt van die lewer wat hy saam met die niere uithaal.

11. Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n ete, ’n vuur-offer vir die Here.

12. “Wanneer die persoon ’n bok wil offer, dan moet hy dit nader bring voor die Here.

13. Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet die dier slag voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.

14. Die persoon moet dan ’n deel bring van die dier wat hy gee. Dit is ’n vuur-offer vir die Here. Hy moet die netvet en die vet aan die binnegoed verbrand,

15. en ook die twee niere, die niervet wat aan die kruis is, en die punt van die lewer, wat hy saam met die niere uithaal.

16. Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Al die vet behoort aan die Here.

17. Julle en julle nageslag moet altyd onthou, oral waar julle woon: Julle mag nooit vet of bloed eet nie.”