hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here kies vir Besaleël en Oholiab om die werk te doen

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Ek het vir Besaleël gekies om die werk te doen. Hy is die seun van Uri, en Uri is die seun van Gur. Besaleël is van die Juda-stam.

3. Ek het vir Besaleël wysheid en ’n goeie verstand gegee sodat hy baie soorte werk goed kan doen.

4. Hy kan planne teken en dinge maak van goud en silwer en brons.

5. Hy kan juwele maak van edelstene en hy kan houtwerk doen. Hy kan baie soorte werk doen.

6. Ek het vir Oholiab gekies om hom te help. Hy is die seun van Agisamak van die Dan-stam. Ek het ook al die ander ambagsmanne vaardig gemaak, sodat hulle alles kan doen wat Ek vir julle sê.

7. Hulle moet die tent maak waar Ek aan julle sal verskyn, die kis waarin die tien gebooie moet kom en die deksel wat daarop moet kom, en alles wat by die tent moet wees.

8. Hulle moet ook die tafel maak en alles wat by die tafel moet wees, die lampstaander van skoon goud en alles wat daarby moet wees, die wierook-altaar,

9. die brandoffer-altaar en alles wat daarby moet wees, die was-skottel en sy voetstuk,

10. die gewyde klere vir die priester Aäron, en die priester-klere wat sy seuns moet aantrek.

11. Hulle moet ook die salf-olie en die wierook vir die tempel maak. Ek hou daarvan. Hulle moet dit alles maak soos Ek vir jou gesê het.”

Die Sabbatdag

12. Die Here het vir Moses gesê:

13. “Sê vir die Israeliete: ‘Julle moet altyd die Sabbatdag vier. Julle moet dit doen, want dit sal ’n bewys wees van die verbond tussen My en julle. As julle nageslag sien julle doen dit, dan sal hulle weet dat Ek die Here is wat julle gekies het om aan My te behoort.

14. Daarom moet julle die Sabbatdag vier. Dit moet vir julle ’n gewyde dag wees. As iemand die Sabbatdag ontwy, dan moet julle hom doodmaak. Ja, julle moet elkeen wat op die Sabbatdag werk, afsny van sy volk.

15. Julle moet ses dae werk, maar die sewende dag is die Sabbatdag. Dit is ’n dag wanneer julle heeltemal moet rus, want hierdie dag is gewy aan My. Julle moet elkeen doodmaak wat op die Sabbatdag werk.

16. Die Israeliete moet op die Sabbatdag doen wat Ek gesê het. Julle nageslag moet ook altyd die Sabbatdag vier.

17. Dit sal altyd ’n bewys wees van die verbond tussen My en die Israeliete. Ek het die hemel en die aarde in ses dae gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie. Ek het toe gerus.’ ”

18. Toe die Here klaar met Moses gepraat het op Sinai-berg, het Hy vir Moses die twee klippe gegee waarop Hy die tien gebooie geskryf het. Dit was plat klippe, en God het die tien gebooie met sy vinger daarop geskryf.