hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35 Bybel vir Almal (ABA)

Die Sabbatdag

1. Moses het al die Israeliete bymekaargeroep en hy het vir hulle gesê: “Dit is wat die Here gesê het julle moet doen:

2. Julle moet ses dae lank werk, maar die sewende dag moet vir julle ’n gewyde rusdag wees, ’n Sabbatdag vir die Here. As iemand op hierdie dag werk, dan moet julle hom doodmaak.

3. Julle moenie by julle huise vuur maak op die Sabbatdag nie.”

Die Israeliete bring meer as wat nodig is vir die werk

4. Moses het vir al die Israeliete gesê: “Die Here het gesê

5. julle moet van julle goed neem en vir Hom ’n present gee. Elkeen wat graag iets wil gee, moet ’n present vir die Here bring: goud of silwer of brons,

6. of blou en pers en rooi wol-materiaal, of linne-materiaal of bokhaar-materiaal,

7. of skaapvelle wat julle rooi gekleur het, of velle wat julle sag gemaak het, of doringhout,

8. of olyf-olie vir die lampe, of balsem vir die salf-olie en vir die wierook. Ek hou daarvan.

9. Of hulle moet oniks en ander edelstene bring om vas te sit op die priester se skouer-kleed en borssak.

10. “Al die ambagsmanne moet kom en hulle moet alles maak wat die Here gesê het:

11. die tempel-tent en die seil wat bo-oor kom, sy hakies en sy rame, sy dwarspale, sy pale en sy voetstukke,

12. die kis, sy dra-pale, die deksel en die gordyn waaragter die kis staan,

13. die tafel en sy dra-pale en alles wat by hom moet wees, die offer-brood,

14. die lampstaander en alles wat by hom moet wees, sy lampe en die olyf-olie vir die lampe,

15. die wierook-altaar en sy dra-pale, die salf-olie, die wierook en die gordyn in die ingang waar die mense by die tempel-tent ingaan,

16. die brandoffer-altaar en die brons tralies wat rondom die altaar is, sy dra-pale en alles wat by hom moet wees, die was-skottel en sy voetstuk,

17. die gordyne om die oop stuk grond, hulle pale en hulle voetstukke, en die gordyn in die ingang na die oop stuk grond,

18. die penne vir die tempel-tent, die penne vir die oop stuk grond en hulle toue,

19. die klere wat die priesters aantrek wanneer hulle in die tempel werk, die gewyde klere vir die priester Aäron, en sy seuns se klere wanneer hulle die priesters se werk moet doen.”

20. Al die Israeliete het weggegaan van Moses,

21. en elkeen wat graag iets wou gee, het ’n present vir die Here gebring. Dit was goed wat hulle kon gebruik om die tent en die gewyde klere te maak.

22. Die mans en vroue wat graag iets wou gee, het borsspelde gebring, ook oor-ringe, armbande en nekringe, en baie soorte goue goed. Elkeen wat ’n beweeg-offer van goud vir die Here wou gee, het dit gebring.

23. En elkeen wat blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal en bokhaar-materiaal gehad het, het dit gebring, ook skaapvelle wat hulle rooi gekleur het en velle wat hulle sag gemaak het.

24. Elkeen wat ’n present van silwer of brons wou gee, het dit vir die Here gebring, en elkeen wat doringhout by hom gehad het vir al die werk, het dit gebring.

25. Elke vrou wat netjies kon weef, het geweef, en sy het die goed gebring wat sy geweef het: blou, pers en rooi wol-materiaal, en linne-materiaal.

26. Al die vroue wat dit graag wou doen, het baie mooi bokhaar-materiaal geweef.

27. Die leiers het oniks en ander edelstene gebring om vas te sit op die priester se skouer-kleed en borssak.

28. Hulle het speserye gebring en ook olyf-olie vir die lampe en vir die salf-olie, en speserye vir die wierook.

29. Elke man en vrou wat graag iets wou bring vir die werk, het dit gebring. Dit was vir al die werk wat die Here vir Moses gesê het om te doen. Die Israeliete het die presente gebring omdat hulle dit graag wou gee.

Besaleël en Oholiab

30. Moses het vir die Israeliete gesê: “Die Here het vir Besaleël gekies om die werk te doen. Besaleël is die seun van Uri, en Uri is die seun van Gur. Besaleël is van die Juda-stam.

31. God het vir Besaleël wysheid en ’n goeie verstand gegee. Hy kan al die werk goed doen.

32. Hy kan planne teken en dinge maak van goud, silwer en brons.

33. Hy kan juwele maak van edelstene en hy kan houtwerk doen. Hy kan al die werk doen.

34. Die Here het vir hom en vir Oholiab gehelp om vir ander ambagsmanne te leer. Oholiab is die seun van Agisamak van die Dan-stam.

35. Die Here het hulle vaardig gemaak om al die soorte werk te kan doen: Hulle kan planne teken, borduur op blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal, en hulle kan weef. Hierdie twee manne kan al die werk doen en planne teken.”