hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 17 Bybel vir Almal (ABA)

Refidim

1. Nadat al die Israeliete weggegaan het uit die Sin-woestyn, het hulle van een plek na ’n ander plek gegaan soos die Here vir hulle gesê het. Hulle het later by Refidim hulle tente opgeslaan. Daar was nie water vir die mense om te drink nie.

2. Die Israeliete was toe kwaad en hulle het by Moses gekla. Hulle het gesê: “Gee vir ons water sodat ons kan drink.”Moses het vir hulle gesê: “Hoekom beskuldig julle my? Hoekom dink julle die Here kan ons nie help nie?”

3. Maar die mense was dors. Hulle het vir Moses beskuldig en hulle het vir hom gesê: “Hoekom het jy ons uit Egipte gebring om ons en ons kinders en ons diere te laat sterf omdat ons nie water het nie?”

4. Moses het tot die Here gebid en hy het vir die Here gevra om hom te help. Hy het gesê: “Wat moet ek met hierdie mense doen? Hulle sal my doodgooi met klippe!”

5. Die Here het vir Moses gesê: “Loop voor die mense en neem ’n paar leiers van die Israeliete saam met jou. Neem jou kierie waarmee jy op die Nyl-rivier geslaan het.

6. Ek sal daar voor jou staan op die rots by Sinai. Jy moet teen die rots slaan, en dan sal daar water uitkom sodat die mense kan drink.”Moses het dit toe gedoen terwyl die leiers van die Israeliete gekyk het.

7. Hy het die plek “Massa en Meriba” genoem omdat die Israeliete vir Moses beskuldig het en omdat hulle die Here kwaad gemaak het. Hulle het gevra: “Is die Here by ons of is Hy nie by ons nie?”

Die Israeliete veg teen die Amalekiete

8. Die Amalekiete het na Refidim gekom om oorlog te maak teen die Israeliete.

9. Moses het vir Josua gesê: “Kies vir ons manne en gaan maak môre oorlog teen die Amalekiete. Ek sal bo-op die heuwel gaan staan, en Ek sal die kierie van God in my hand hou.”

10. Josua het gedoen wat Moses vir hom gesê het. Hy het oorlog gaan maak teen die Amalekiete. Moses en Aäron en Hur het opgegaan tot bo-op die heuwel.

11. Wanneer Moses sy hand opgehou het, dan het die Israeliete gewen, en wanneer hy sy hand laat sak het, dan het die Amalekiete gewen.

12. Toe Moses se hande moeg word, het Aäron en Hur ’n klip geneem en hulle het dit onder hom gesit. Moses het daarop gaan sit en Aäron en Hur het sy hande vasgehou. Aäron het langs Moses gestaan, en Hur het langs Moses se ander kant gestaan. Hulle het sy hande opgehou totdat die son ondergegaan het.

13. So het Josua die Amalekiete oorwin.

14. Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet hierdie woorde in ’n boek skryf, sodat almal dit sal onthou en jy moet dit vir Josua lees: ‘Die Here wil die Amalekiete heeltemal wegvee van die aarde af.’ ”

15. Moses het ’n altaar gebou en hy het dit genoem “Die Here lei my.”

16. Hy het gesê: “Die Here regeer. Hy het belowe dat Hy altyd oorlog sal maak teen die Amalekiete.”