hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 1 Bybel vir Almal (ABA)

Wat Amos gesê het

1. Die woorde van Amos.Amos was ’n skaapboer. Hy het in die stad Tekoa gewoon. Die Here het vir hom gewys wat met die Israeliete sal gebeur. Dit was twee jaar voor die aardbewing. In daardie tyd was Ussia die koning van die land Juda, en Jerobeam was die koning van die land Israel. Jerobeam was die seun van Joas.

2. Amos het gesê:“Wanneer die Here uit Jerusalem praat, dan is dit soos ’n leeu wat brul. Dan word die veld droog waar die skape moet wei, die plante op Karmel-berg gaan dood.”

Die Here sal die Arameërs straf

3. Die Here sê:“Die mense van die stad Damaskushet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het wrede dinge gedoenaan die mense van die land Gilead.

4. Ek sal ’n vuur stuur na die huiswat koning Gasael gebou het,en die mooi huisewat koning Ben-Hadadgebou het, sal afbrand.

5. Ek sal die poort van Damaskusoopbreek.Ek sal al die mensewat in Bikat-Awen woon,doodmaak saam met die koningin die stad Bet-Eden.Die vyande sal die Arameërs vangen wegvat na die land Kir.”Dit is wat die Here gesê het.

Die Here sal die Filistyne straf

6. Die Here sê:“Die mense van die stad Gasahet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het in party stedeal die mense gevang en verkoop,en die mense het die Edomietese slawe geword.

7. Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die stad Gasa.Sy mooi huise sal afbrand.

8. Ek sal al die mensevan die stad Asdod doodmaak,en ook die koningin die stad Askelon.Ek sal die mensein die stad Ekron straf.Die Filistyne wat oorgebly het,sal sterf.”Dit is wat die Here gesê het.

Die Here sal die mense van Tirus straf

9. Die Here sê:“Die mense van die stad Tirushet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het in party stedeal die mensewat gevangenes was,verkoop aan die Edomieteen die mense het die Edomietese slawe geword.Die mense van Tirus het vergeetdat hulle ’n ooreenkomsmet daardie mense gemaak het.

10. Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die stad Tirus.Sy mooi huise sal afbrand.”

Die Here sal die Edomiete straf

11. Die Here sê:“Die mense van die land Edomhet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het oorlog gemaakteen mense wat familie is van hulle.Hulle was nie jammervir hulle familie nie.Hulle het aangehouom mense dood te maak.Hulle het kwaad gebly.

12. Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die stad Teman,en die stad Bosra se mooi huisesal afbrand.”

Die Here sal die Ammoniete straf

13. Die Here sê:“Die Ammoniete het’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het oorlog gemaakom meer grond te kryin die land Gilead,en toe het hulleswanger vroue oopgesny.

14. Daarom sal Ek die stad Rabbaen sy mooi huise afbrand.Die vyande sal hard skreewanneer hulle die stad aanval,hulle sal soos ’n stormwinddeur die stad gaan.

15. Hulle sal die Ammonietese koning en sy amptenare vangen wegvat na ’n ander land.”Dit is wat die Here gesê het.