hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3 Bybel vir Almal (ABA)

Ek sal die volke straf

1. Die Here sê:“In daardie tyd sal Ekdit weer goed laat gaanin Juda en in Jerusalem.

2. Ek sal al die volkebymekaarmaaken Ek sal hulle vatna die Josafat-vallei.Daar sal Ek die volke strafoor wat hulle gedoen hetaan my volk,die Israeliete wat aan My behoort.Die volke het my volk weggevatna ander landeen hulle het my landvir hulleself gevat.

3. Hulle het my mense slawe laat word,hulle het lootjies getrekom te kyk wie kry ’n slaaf.Hulle het my seunsen my dogters verkoopom prostitute en wyn te kry.

4. En julle, mense van Tirus en Sidonen die hele Filistyne-land,wat wil julle met My doen?Wil julle My strafomdat ander volkeslegte dinge aan julle gedoen het?As julle My wil straf,dan sal Ek nie wagom julle te straf nie.Ek sal julle strafoor alles wat julleverkeerd gedoen het.

5. Julle het my silweren goud gevat,julle het die mooiste goedin my tempelna julle tempels toe gevat.

6. Julle het die mensevan Juda en Jerusalemverkoop aan die Grieke,ver weg van my mense se land.

7. Nou sal Ek my menselaat terugkomvan die plekkewaarnatoe hulle gegaan hettoe julle hulle verkoop het.Ek sal julle straf oor alleswat julle met my volk gedoen het.

8. Ek sal julle seunsen dogters verkoopaan die mense van Juda,en hulle sal julle seunsen dogters verkoopaan die mense van Skeba,die volk wat ver van hier woon.”Die Here het dit gesê.

Ek is julle God die Here

9. Julle moet vir die volke skreeen sê:“Julle moet gereedmaaken julle moet gaan oorlog maak.Roep die soldate,al die soldate moet komen hulle moet gaan oorlog maak.

10. Julle moet swaardeen spiese maakvan die skerp ysterswaarmee julle ploegen bome se takke afsny.’n Man wat nie sterk is nie,moet ook sê:‘Ek is ’n soldaat!’

11. Die volke wat daar naby woon,moet gou maak en bymekaarkom,en die Here moet sy soldate bring.

12. Die volke moetna die Josafat-vallei kom,want daar sal Ek die regter wees.Ek sal die volke straf wat naby woon.

13. Dit is nou die tyd om hulle te straf.Die volke is soos koring wat ryp is.Bring die sekelen sny hulle af!Trap die druiwe,want die parskuip is vol,dit loop oor.Daar is baie slegte mensevir wie Ek sal straf!

14. Daar sal baie mense wees,baie mense, op daardie plekwaar die Here die mensesal oordeel.Die dag van die Here is naby,die dag wanneer Hydie mense sal oordeel.

15. Die son en die maansal donker word,die sterre sal nie meer skyn nie.

16. Die Here sal hard praatuit Jerusalem,so hard soos ’n leeu wat brul.Die hemel en die aarde sal bewe,maar die Heresal sy volk beskerm.Die Israeliete sal veilig weesby Hom.

17. Dan sal julle weet dat Ek,die Here, op Sionsberg woon.Ek is julle God die Here,en Sion is my gewyde berg.Jerusalem sal ’n gewyde stad wees.Vyande sal nooit weerdeur die stad gaan nie.”

Dit sal goed gaan

18. “In daardie tyd sal dit goed gaan,daar sal baie wyn en melk wees,dit sal teen die bergeen die heuwels afloop.Daar sal water weesin al die klein riviere in Juda,en daar sal water komuit ’n fontein wat in die tempel van die Here is.Die water sal die Sittim-valleinatmaak.

19. Niemand sal in Egiptekan woon nie.Edom sal ’n woestyn word,niks sal daar kan lewe nie,want die mensevan Egipte en Edomhet wrede dinge gedoenaan die mense van Juda,hulle het die mense van Juda vermoor.

20. Maar in Juda en Jerusalemsal altyd mense woon.

21. Ek sal die mense strafwat Ek nog nie gestraf het nie.Ek sal hulle straf,want hulle het mense vermoor,en Ek, die Here,sal in Jerusalem woon.”