hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 4 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sal die vroue van Samaria straf

1. Luister wat sê die Here vir julle,vroue op Samaria-berg.Julle is so vet soos die koeiewat in die land Basan wei.Julle verdruk die mensewat swak en arm is,julle laat hulle swaarkry.Julle sê vir julle mans:“Bring wynsodat ons kan drink!”

2. Die Here het belowe en Hy, die heilige God, is self die getuie. Hy het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer die vyandejulle sal optelmet skerp ysters en met vishoeke.

3. Julle sal almal reguituit die stad moet gaan,reguit oor die afgebreekte muur.Die vyande sal julle wegjaagna Hermon-berg.”Dit sê die Here.

Israel het nie na die Here teruggekom nie

4. “Mense van Israel,julle moet na die stad Bet-El komas julle sonde wil doen,julle moet na die stad Gilgal komas julle nog meer sonde wil doen!Bring elke oggend julle offers,bring julle tiendeselke derde dag.

5. Brand dank-offers,brand brood met suurdeeg in.Vertel vir almalvan julle vrywillige offers.Julle Israeliete hou daarvanom te spog.”Dit sê die Here.

6. “Ek het julle honger laat blyoral waar julle woon.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie.”Dit sê die Here.

7. “Ek het die reën weggehoutoe die koringnog nie ryp was nie.Ek het dit op een stad laat reën,en op ’n ander stadhet Ek dit nie laat reën nie.Dit het gereën op een stuk land,en ’n ander stuk landhet nie reën gekry nie,dit het droog geword.

8. Die mense van twee of drie stedehet na ’n ander stad gekruipom water te soek,maar hulle het niegenoeg water gekry nie.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie.”Dit sê die Here.

9. “Ek het julle koring-arelaat verdroog,en die plantluise het dit opgevreet.Die sprinkane het baie maalal die blare in julle tuineen wingerde opgevreet,ook al die blare van julle vyebomeen olyfbome.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie,”sê die Here.

10. “Ek het julle siek gemaak,en julle het doodgegaansoos die Egiptenaars.Ek het julle jongmannein die oorlog laat sterf,en die vyandehet julle perde gevat.Julle het geruik dat die dooie liggamestink in julle kamp.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie,”sê die Here.

11. “Ek het julle doodgemaak soos Ek die mensevan Sodom en Gomorradoodgemaak het.Julle wassoos ’n stuk vuurmaak-houtwat Ek uit die vuur gehaal het.Maar julle het nie teruggekomna My toe nie,”sê die Here.

12. “Daarom, mense van Israel,sal Ek nou weerso met julle maak.En omdat Ek dit met julle sal doen,maak nou gereedom julle God te ontmoet.”

13. Dit is Hy wat die bergeen die wind gemaak het,Hy wat vir mense sêwat Hy wil doen,Hy wat dit donker maakwanneer dit al lig moet word,Hy wat oor die hoogste bergvan die aarde loop.Sy Naam is die Here,God wat oor alles regeer.