hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 5 Bybel vir Almal (ABA)

Die mense van Israel moet doen wat goed is, nie wat sleg is nie

1. Mense van Israel,luister na wat ek sê.Ek huil en treur oor jullesoos ’n mens treuroor iemand wat dood is:

2. Die mense van Israelhet geval,hulle sal nie weer opstaan nie.Hulle het op hulle eie grond geval,en niemand help hulleom op te staan nie.

3. Ja, die Here sê:“Wanneer 1 000 mense van Israeluit ’n stad gaanom oorlog te gaan maak,dan sal 900 sterf.Wanneer 100 manne gaan,dan sal 90 sterf.”

4. Ja, die Here sê vir die mense van Israel:“Julle moet vrawat Ek wil hê julle moet doen,dan sal julle lewe!

5. Julle moenie in die stad Bet-Elgaan vra nie,en julle moet ook niena die stad Gilgal gaan nie.Julle moenie verder gaanna die stad Berseba nie.Die vyande sal die mensevan Gilgal vangen na ’n ander land vaten hulle sal Bet-El verwoes.”

6. Vra wat die Here wil hê,dan sal julle lewe!As julle dit nie doen nie,dan sal Hy ’n vuur na julle toe stuurom die Israeliete te brand.Daar sal niemand in Bet-El weeswat die vuur kan doodmaak nie.

7. Julle doen nie reg aan mense nie,julle laat hulle baie swaar kry.

8. Dit is die Herewat die sterre gemaak het, Orion en die Sewe-ster.Hy laat dit lig word ná die nag,Hy laat dit donker wordná die dag.Dit is Hy wat die wolkeuit die see bringen wat dit laat reën op die land.Sy Naam is die Here.

9. Die Here maak sterk mensevinnig dood.Hy laat sterk mure omval.

10. Julle haat ’n manwat in die poort praatteen iemandwat verkeerd gedoen het,julle hou nie van ’n manwat die waarheid praat nie.

11. Julle trap op die arm mens,julle vat sy koring.Daarom sal julle nie woonin die huisewat julle gebou hetmet die klippewat julle so mooi gekap het nie.Julle sal nie die wyn drinkvan die mooi wingerdewat julle geplant het nie.

12. Ek weet hoe baieen hoe groot julle sonde is.Julle is vyande van iemandwat reg doen.Julle vat die geldwanneer mense julle wil betaalom verkeerd te doen.In die poort is julle onregverdigmet die arm mense.

13. Dit is hoekom verstandige mensestilbly in hierdie tyd.Dit is ’n slegte tyd.

14. Julle sê die Here is by julle.Maar julle moet probeerom goed te doen,moenie doen wat sleg is nie.Dan sal julle lewe,en dan sal die Here,die God wat oor alles regeer,by julle wees.

15. Julle moet haat wat sleg isen julle moet lief weesvir wat goed is,julle moet in die hof reg doenaan mense.Miskien sal die Here,die God wat oor alles regeer,dan jammer wees vir julle,julle Israelietewat nog lewe.

16. Ja, die Here sê, die God wat oor alles regeer, die Here, sê:“Die mense sal huil en treurop al die oop plekke in die stad,hulle sal in al die strate sug.Hulle betaal mense om te treur,en hulle sal die boere roepom saam te kom treuroor almal wat dood is.

17. Hulle sal in al die wingerde treur,want Ek gaan tussen julle deurom julle te straf.”Dit sê die Here.

Die dag van die Here

18. “Dit sal baie sleg gaanmet mense wat wensdie dag van die Heremoet gou kom.Hoekom wens julledie dag van die Heremoet gou kom?Daardie dag sal dit donker wees,daar sal nie lig wees nie.

19. Dit sal wees soos wanneer iemandvir ’n leeu vlugen dan teen ’n beer vasloop,of wanneer iemand in sy huis komen met sy hand teen die muur druk,en dan is daar ’n slang wat hom byt.

20. Dit sal donker weesop die dag van die Here,dit sal nie lig wees nie.Daardie dag sal swart wees,daar sal niks lig wees nie.”

Die Here hou nie van die godsdiens van die mense van Israel nie

21. “Ek haat julle feeste,Ek wil nie die feeste hê nie.Ek hou nie van julle gewyde feesdae nie.

22. Julle bring vir My brand-offersen koring-offers,maar Ek wil dit nie hê nieen Ek wil glad nie kykna die vet dierewat julle bring vir ete-offers nie.

23. Wanneer julle sing,dan is dit nie vir My mooi nie,julle raas net.Hou op sing!Ek wil nie luisterwanneer julle musiekmaak met ’n harp nie.

24. Ek wil hê julle moet reg doenaan mense.Julle moet aanhou om dit te doen,aanhou soos ’n rivierwat altyd vol is.

25. Mense van Israel,toe julle 40 jaar lankin die woestyn was,het julle nie diere of koringvir My ge-offer nie.

26. Nou sal julle die godewat julle gemaak het,saam met julle moet dra.Dit is julle ster-gode,julle koning Sikkut,julle afgod Kijun.

27. Die vyande sal julle vangen hulle sal julle wegvattot ver anderkantdie stad Damaskus,”sê die Here.Sy Naam is die Here,God wat oor alles regeer.