hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 8 Bybel vir Almal (ABA)

Die Israeliete sal val en hulle sal nie weer opstaan nie

1. Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Daar was ’n mandjie vrugte,

2. en die Here het vir my gevra: “Amos, wat sien jy?”Toe sê ek: “Ek sien ’n mandjie vrugte. Hulle is ryp en dit is tyd om hulle te eet.”Die Here het toe vir my gesê:“Dit is nou die tyd.Ek sal my volk, die Israeliete,se sonde nie weer vergewe nie.

3. Wanneer Ek kom om hulle te straf,dan sal die mense in die koning se paleisnie meer sing nie,hulle sal huil.Daar sal baie lyke wees.Die vyande sal nie praat nie,hulle sal die lykeoral op die grond gooi.

4. “Luister na wat Ek sê.Julle doen slegte dingeaan die arm mense,julle wil die mensewat niks het nie, doodmaak.

5. Julle sê:‘Wanneer isdie Nuwemaan-fees verby?Dan kan ons weer koring verkoop.Wanneer is die Sabbatdag verby?Dan kan ons weerons koringwinkels oopmaaken skelm wees.Wanneer ons die koring weeg,dan sal ons die mense te veel laat betaal.’

6. Julle verkoop ookdie koring se kafen julle verkoop arm menseomdat hulle geld skuldvir ’n paar sandale.Dan word die mense slawe.”

7. Die Here het belowe,en Hy is self die getuie.Hy is God.Die Israeliete moet Hom eer.Hy het gesê:“Ek sal altyd onthouwat julle gedoen het.

8. Die mense van die landsal bang word hieroor en bewe.Almal wat hier woon,sal huil en treur.Al die mense in die landsal skrik en wegvlugsoos die water in die Nyl-rivierwat vol word en wegloop.”

9. Die Here sê:“Op daardie dag sal Ek die sonin die middel van die daglaat ondergaan.Ek sal dit donker maakop die aardewanneer dit nog dag is.

10. Ek sal alles verander.Julle sal nie feesvier nie,julle sal treur.Julle sal nie sing nie, julle sal huiloor almal wat dood is.Julle sal rouklere aantreken julle koppe kaal skeer.Julle sal rou soos iemandwat rou oor sy enigste kindwat dood is.Dit sal vir julle’n baie slegte dag word.”

11. Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer Ek almal in die landhonger sal maak.Maar hulle sal nie honger weesvir kos of dors wees vir water nie.Hulle sal honger weesvir die woorde van die Here.

12. Hulle sal soek van die een seetot by die ander see.Hulle sal oral soek,van die noorde tot by die ooste,om te hoor wat die Here sê,maar hulle sal niks hoor nie.

13. Mooi meisies en jongmanssal daardie dagbaie dors word en flou val.

14. Wanneer hulle iets belowe het,dan het hulle altyd gesê:‘Die afgod van Samariais die getuie,’of hulle het vir die stad Dan gesê:‘So sekersoos jou god lewe!’of: ‘So seker soos daar’n pad is na die stad Berseba!’Maar hulle sal val,hulle sal nie weer opstaan nie.”