hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 9 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sal die Israeliete doodmaak

1. Ek het gesien die Here staanby die altaar.Hy het gesê:“Slaan stukkend die kapitelevan die pilare van die tempel,sodat die deure se rame beween die stukke van die pilareop al die mense se koppe val.Ek sal self die mense wat oorbly,doodmaak met my swaard.Niemand sal kan vlug nie,nie een sal wegkom nie.

2. Wanneer hulle ’n gat graweom in die doderykte probeer kom,dan sal Ek hulle daar uithaal.Wanneer hulle probeer opklimna die hemel,dan sal Ek hulle daar afhaal.

3. Wanneer hulle bo-opdie Karmel-berg gaan wegkruip,dan sal Ek hulle daar soeken hulle wegvat.Wanneer hulle vir My wil wegkruiponder in die see,dan sal Ek vir die slang daar sêom hulle te pik.

4. Wanneer hulle vyande hulle vangen hulle wegvat na ’n ander land,dan sal Ek hulle daar laat doodmaakin ’n oorlog.Ek sal na hulle kyk,nie om hulle te help nie,maar sodat dit slegmet hulle sal gaan.”

5. Die Here regeer oor alles.Wanneer Hy aan die aarde raak,dan smelt dit,en almal wat op die aarde woon,huil en treur.Al die mense in die landsal skrik en wegvlugsoos die water in die Nyl-rivierwat vol word en wegloop.

6. Die Here het vir Hom’n huis gebou hoog in die hemel.Hy het die ronde dakoor die aarde gesit.Hy bring die wolke uit die seeen Hy laat dit reën op die land.Sy Naam is die Here.

Die Israeliete is dieselfde as ander volke

7. Die Here het gesê:“Israeliete, julle is vir Mysoos die mense van die land Kus.Julle is nie anders nie.Dit is waar, Ek het die Israelieteuit Egipte gebring,maar Ek het ook die Filistyneuit die eiland Kaftor gebringen Ek het die Arameërsuit die land Kir gebring.

8. En nou sien Ek die Israelieteis ’n volk wat baie sonde doen.Ek sal hulle wegveevan die aarde af!Maar Ek sal hulle niealmal doodmaak nie.

9. Ek sal vir die volke sêwat hulle moet doen.Ek sal die Israelietetussen die volke skudsoos ’n mens koring in ’n sif skud.Die koringkorrels sal niedeur die sif op die grond val nie.So sal Ek die Israelieteskud in die sif.

10. Al die sondaars van my volksal in die oorlog sterf.Hulle sê nou:‘U sal ons nie strafen dit sleg laat gaan met ons nie.’Maar hulle sal sterf.”

Die Here sal die nageslag van Dawid weer laat regeer

11. Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd kom wanneer Ekdie nageslag van koning Dawidweer sal laat regeer.Hulle is soos ’n huiswat omgeval het,’n muur wat afgebreek is.Maar Ek sal die huis weer bou,en hy sal weer weessoos hy altyd was.

12. My volk sal die Edomiete oorwinwat nog oorgebly het,en ook die ander volkewat aan My behoort.”Dit sê die Here. Die Here sal dit doen.

Die Here sal sy volk help sodat dit weer goed sal gaan met hulle

13. Die Here het gesê:“Daar sal ’n tyd komwanneer die Israeliete hulle koringmoet afsny dadelik nadathulle geploeg het.Hulle sal wyn moet maakdadelik nadat hulledie wingerde geplant het.Die wyn sal so baie weesdat dit teen die bergeen die heuwels sal afloop.

14. Ek sal dit weer goed laat gaanmet my volk, die Israeliete.Ek sal die stedewat die vyande afgebreek het,weer bousodat die Israeliete daar kan woon.Hulle sal wingerde planten die wyn drink.Hulle sal tuine maaken die vrugte eet.

15. Ek sal hulle help,en hulle sal in hulle eie land woon.Niemand sal hulle wegvatuit die landwat Ek vir hulle gegee het nie.”Dit sê jou God die Here.