hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 2 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here sal die Moabiete straf

1. Die Here sê:“Die mense van Moabhet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle koning het die koning van Edomse bene verbrandom kalk te maak.

2. Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die land Moab.Die mooi huise van die stad Kerijotsal afbrand.Hulle vyande sal hard skree,hulle sal brul soos leeusen hulle sal die ramshoring blaas.Hulle sal oorlog maak teen Moab,en die Moabiete sal sterf.

3. Ek sal die koning van Moaben al sy amptenaresaam met hom doodmaak.”Dit is wat die Here gesê het.

Die Here sal die mense van Juda straf

4. Die Here sê:“Die mense van die land Judahet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Die wet van die Herewas nie vir hulle belangrik nie.Hulle het nie gedoenwat die Here gesê het nie.Hulle voorvadershet vals gode aanbid,en daarom het die mense van Judaverkeerd gedoen.

5. Daarom sal Ek ’n vuur stuurna die land Juda,en die mooi huisevan die stad Jerusalemsal afbrand.”

Die Here sal die mense van Israel straf

6. Die Here sê:“Die mense van Israelhet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het onskuldige mense verkoopom geld te kry,en die mense het slawe geword.Hulle het arm mense verkoopomdat die arm mensegeld geskuld het vir ’n paar sandale.

7. Hulle trap die arm mensese koppe in die grond in.Hulle doen nie regaan die mense wat niks het nie.’n Jongman en sy paslaap by dieselfde slawe-meisie,en so ontwy hullemy heilige Naam.

8. Hulle vat die klere van mensewat vir hulle geld skulden gaan lê op daardie klereby die altare.Hulle laat menseboete betaal met wyn,en dan drink hulle die wynin die huis van hulle God.

9. “Die Amoriete was lang mense.Hulle was so hoogsoos sederbomeen so sterk soos eikebome.Maar Ek het al die Amorietedoodgemaak,die ouers en die kinders.Ek het dit gedoenom vir die mense van Israel’n plek te geewaar hulle kan woon.

10. Ja, Ek het julle uit Egipte gebringen 40 jaar lank saam met julledeur die woestyn gegaansodat julle die Amorietese land kon vat.

11. Ek het party van julle seunsgekies om profete te wees,en Ek het party van julle jongmannegekies om nasireërs te wees.“Is dit waar of is dit nie waar nie,mense van Israel?

12. “Maar julle het die nasireërswyn laat drink,en julle het vir die profete gesêhulle mag nie profete wees nie.

13. Daarom sal Ek julle straf,julle sal inmekaar valsoos ’n wa inmekaar valwanneer mense te veel koring-gerwe daarop laai.

14. Mense wat vinnig kan hardloop,sal nie kan weghardloop nie.Sterk mense sal niesterk genoeg wees nie.Soldate sal hulleself nie kan red nie.

15. Mense wat met pyl en boog skiet,sal weghardloop.Ook mense wat vinnig kan hardloop,sal nie kan vlug nie.Mense wat op perde ry,sal hulleself nie kan red nie.

16. Almal sal daardie dagkaal wegvlug,ook die dapperste soldate.”Dit is wat die Here gesê het.