hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Josefstamme

1. Die grond wat deur loting vir die nageslag van Josef uitgewys is, strek vanaf die Jordaan by Jerigo, oos van die Jerigofonteine, deur die woestyn na die berge by Bet-El.

2. Van Bet-El (dit is Lus) af loop dit na Atarot in die gebied van die Erekiete,

3. dan weswaarts af na die gebied van die Jafletiete tot by die gebied van Bet-Goron-Onder en dan na Geser en dan loop dit dood teen die Middellandse See.

4. Die stamme Manasse en Efraim, die nakomelinge van Josef, het hulle grondgebied in ontvangs geneem.

Efraim se grond

5. Die grond wat vir die families van die stam Efraim gegee is, het van Atrot-Addar in die ooste na Bet-Goron-Bo toe geloop,

6. en dan verder aan tot by die Middellandse See. Van Mikmetat in die noorde swaai die grens ooswaarts verby Taänat-Silo na die gebied oos van Janoag.

7. Van Janoag af loop dit af na Atarot en Naära toe, dan skrams teen Jerigo verby tot by die Jordaanrivier.

8. Van Tappuag af loop die grens wes met die Kanaspruit langs en eindig by die Middellandse See. Dit is die gebied van die families van die stam Efraim.

9. Efraim het ook dorpe met hulle omringende gehuggies binne die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry.

10. Die Efraimiete het nie die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, uitgedryf nie. Die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraimiete. Hulle word wel gedwing om vir hulle te werk.