hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moses, die dienaar van die Here, is dood. Daarna het die Here met Josua, seun van Nun, begin gepraat. Hy was vroeër die assistent van Moses. Die Here het vir hom gesê:

2. “Noudat my dienaar Moses dood is, moet jy gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei na die land toe wat Ek vir die Israeliete gee.

3. Soos Ek vir Moses belowe het, sal Ek elke plek waar julle kom vir julle gee.

4. Alles sal julle grond wees, van die Negevwoestyn af tot by die Libanonberge, die hele gebied van die Hetiete, van die Eufraatrivier af tot by die Middellandse See in die weste.

5. “Niemand sal teen jou bestand wees solank jy leef nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek sal jou nooit los nie.

6. “Wees sterk en dapper. Jy is die een wat hierdie volk moet lei om die land in besit te neem. Ek het dit met ’n eed aan hulle voorouers beloof.

7. “Wees sterk en baie dapper! Voer al die opdragte uit wat Ek vir my dienaar Moses gegee het. Moenie links of regs daarvan afwyk nie. Jy sal dan suksesvol wees in alles wat jy doen.

8. Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees.

9. My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”

Josua herinner Ruben en Gad

aan hulle belofte

10. Josua het die leiers van die volk beveel:

11. “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.”

12. Josua het vir die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse gesê:

13. “Onthou die opdrag wat die Here se dienaar Moses vir julle gegee het: ‘Die Here julle God het hierdie gebied vir julle as vaste woonplek gegee.’

14. “Julle vroue, kinders en vee mag intussen aan hierdie kant van die Jordaan bly wat Moses aan julle toegeken het. Julle vegters moet egter gewapend voor julle broers uitmarsjeer en hulle gaan help.

15. Eers nadat die Here ook aan julle broers vaste blyplek gegee het en hulle die grond in besit geneem het wat die Here julle God aan hulle gee, kan julle terugkom om julle te vestig in die deel oos van die Jordaan wat die Here se dienaar Moses vir julle gegee het.”

16. Hulle het vir Josua geantwoord: “Ons sal alles doen wat jy vir ons sê. Ons sal gaan waarheen jy ons ook al stuur.

17. Soos ons na Moses geluister het, sal ons ook aan jou gehoorsaam wees. “Mag die Here jou God saam met jou wees soos Hy by Moses was.

18. Enige persoon wat jou opdragte verontagsaam en nie luister na alles wat jy beveel nie, sal tereggestel word. Jy moet sterk en dapper wees.”