hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Asielstede

1. Die Here sê toe vir Josua:

2. “Sê vir die Israeliete hulle moet besluit oor die asielstede waaroor Ek met Moses gepraat het.

3. Iemand wat per ongeluk en sonder dat hy dit beplan het, iemand anders doodgemaak het, kan daarnatoe vlug. Dit sal vir hulle beskerming gee teen die wraak van ’n bloedverwant van die persoon wat dood is.

4. “Iemand wat na een van hierdie stede toe vlug, moet by die stadspoort aanmeld om sy saak aan die leiers van die stad te stel. Hulle moet hom in die stad toelaat en hom by hulle laat bly.

5. As die familielid van die een wat doodgemaak is, hom agtervolg, mag die leiers hom nie aan daardie persoon uitlewer nie. Hy het die persoon onopsetlik doodgemaak en nie uit kwaadwilligheid nie.

6. Hy moet in daardie stad bly totdat sy saak verhoor is en hy onskuldig bevind is. Daarna moet hy in die stad aanbly tot die huidige hoëpriester dood is. Die persoon mag dan teruggaan na die stad en sy huis van waar af hy gevlug het.”

7. Die volgende plekke is as toevlugstede aangewys: Kedes in Galilea tussen die heuwels van Naftali, Sigem in die heuwels van Efraim, en Kirjat-Arba (dit is Hebron) tussen die heuwels van Juda.

8. Aan die oorkant van die Jordaan, oos van Jerigo, is Beser in die woestyn op die plato van die stamgebied van Ruben, Ramot in Gilead in die stamgebied van Gad, en Golan in Basan in die stamgebied van Manasse aangewys.

9. Hierdie was die stede waarheen die Israeliete en die vreemdelinge tussen hulle kon vlug. Enigeen wat ’n ander onopsetlik doodgemaak het, kon na een van hierdie stede vlug vir beskerming teen die wraak van ’n familielid. Daar kon hy verhoor word.