hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die volk trek deur die Jordaan

1. Josua en al die Israeliete het vroeg die oggend van Sittim af vertrek. Hulle het by die Jordaan aangekom en daar oorgebly voor hulle deur die rivier sou trek.

2. Aan die einde van drie dae het die leiers deur die kamp beweeg.

3. Hulle het die volk ingelig: “Wanneer julle sien die Levitiese priesters tel die ark van die verbond van die Here julle God op, moet julle van julle staanplekke af opstaan en hulle begin volg.

4. Hou egter ’n afstand van omtrent 900 meter tussen julle en die ark. Moenie nader as dit kom nie. Volg dit, dan sal julle weet watter koers om te gaan. Julle het nog nooit in hierdie rigting getrek nie.”

5. Josua het vir die volk gesê: “Berei julle voor. Die Here gaan môre wonderwerke onder julle doen.”

6. Josua het vir die priesters gesê: “Tel op die verbondsark. Begin voor die volk uitloop.” Hulle het die ark van die verbond opgetel en voor die volk begin loop.

7. Die Here sê toe vir Josua: “Ek begin jou vandag belangrik maak vir die hele Israel. Hulle sal weet dat Ek net so by jou is soos Ek by Moses was.

8. Sê nou vir die priesters wat die ark van die verbond dra: ‘Sodra julle op die oewer van die Jordaan aankom, moet julle net daar bly staan.’”

9. Josua het toe vir die Israeliete gesê: “Staan nader hiernatoe dat julle kan hoor wat die Here julle God sê.”

10. Hy sê toe: “Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdryf om vir julle plek te maak.

11. Die ark van die verbond van die Here van die hele wêreld sal voor julle uit deur die Jordaan gaan.

12. Kies nou twaalf mans, een uit elke stam van Israel.

13. Sodra die priester-draers van die ark van die Here, die Heer van die ganse wêreld, se voete in die water van die Jordaan kom, sal die water wat van bo af vloei, begin opdam.”

14. Toe die volk begin beweeg vanaf die plek waar hulle tente gestaan het om deur die Jordaan te trek, het die priesters wat die ark van die verbond dra voor hulle uit gegaan.

15. Die priesters wat die ark dra, het by die Jordaan aangekom. Dit was oestyd en die Jordaan het oor sy oewers geloop. Toe die priesters wat die ark dra hulle voete in die vlak water sit,

16. het die water wat van bo af vloei, begin opdam tot so ver op as Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Dooie See, was heeltemal afgesny. Die volk kon toe regoor Jerigo deur die rivier gaan.

17. Die priesters wat die ark van die verbond van die Here dra, het binne-in die Jordaan op droë grond gaan staan. Almal van Israel het deur die droë bedding gegaan totdat die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan was.