hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die laaste jare van Asa se

1. In die 36ste jaar van Asa se bewind het koning Baesa van Israel Juda binnegeval. Hy het die stad Rama versterk om te verhoed dat enigiemand die koninkryk van Asa kon binnegaan of verlaat.

2. Asa het gereageer deur silwer en goud uit die skatkamers van die tempel van die Here en die koninklike paleis te vat. Dit het hy na koning Ben-Hadad van Aram in Damaskus gestuur met die volgende boodskap:

3. “Kom ons hernu die verdrag tussen jou pa en my pa. Kyk, ek stuur vir jou ’n geskenk van silwer en goud. Breek jou verdrag met koning Baesa van Israel sodat hy my met rus kan laat.”

4. Ben-Hadad het ingestem tot koning Asa se versoek en Israel aangeval. Hulle het die dorpe Ijon, Dan, Abel-Majim en al die voorraadstede in Naftali verower.

5. Toe Baesa van Israel hoor wat aangaan, het hy afgesien van sy planne om Rama te versterk.

6. Koning Asa het die hele Juda aangesê om die boustene en timmerhout wat Baesa gebruik het om Rama te versterk, weg te dra. Asa het dit gebruik om die dorpe Geba en Mispa te bou.

7. In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda gegaan en gesê: “Omdat jy op die koning van Aram vertrou het in plaas van op die Here jou God, het jy die kans verloor om die leër van die koning van Aram te verwoes.

8. Onthou jy dan nie wat gebeur het met die Kussiete en Libiërs en hulle groot leërmag met baie strydwaens en ruiters nie? Toe het jy op die Here vertrou en Hy het hulle aan jou oorgegee.

9. Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Wat ’n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê.”

10. Asa het kwaad geword vir die siener Ganani. Hy was so woedend dat hy hom in die tronk gegooi het. In hierdie tyd het Asa begin om sommige van sy onderdane te verdruk.

Opsomming van Asa se regering

11. Die ander gebeurtenisse tydens sy bewind, van begin tot die einde, is opgeteken in Die boek van die konings van Juda en Israel.

12. In die 39ste jaar van sy regering het Asa ’n ernstige siekte aan sy voete opgedoen. Maar selfs in sy siekte het hy nie hulp by die Here gesoek nie, maar by sy dokters.

13. In die 41ste jaar van sy regering het hy gesterf.

14. Hy is begrawe in die grafkelder wat hy in die Dawidstad laat uitkap het. Hulle het sy liggaam neergelê op die plek wat met balsem en allerlei geurige kruie bedek was. Tydens sy begrafnis het hulle tot sy eer ’n groot vuur aangesteek.