hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Salomo bou die tempel

1. Salomo het toe begin om die tempel van die Here in Jerusalem op die Moriaberg te bou, daar waar die Here aan Salomo se pa Dawid verskyn het. Die tempel is gebou op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet, op die plek wat Dawid uitgekies het.

2. Die bouwerk het in die middel van die lente begin, in die vierde jaar van Salomo se bewind.

3. Die fondament wat Salomo gelê het vir die tempel van God, was 30 meter lank en tien meter breed.

4. Die voorportaal was langs die hele breedte van die tempel, dus tien meter lank en 60 meter hoog. Die binnekant was oordek met suiwer goud.

5. Die hoofvertrek van die tempel is met sipreshoutpanele bedek, met suiwer goud oorgetrek en versier met graverings van palms en kettings.

6. Die mure van die tempel is versier met pragtige juwele en suiwer goud uit Parwajim.

7. Al die mure, balke, deure en drumpels in die hele tempel is oorgetrek met goud, en figure van gerubs is teen die mure uitgekerf.

8. Die Allerheiligste was tien meter lank, soos die wydte van die tempel. Dit was ook tien meter breed en oorgetrek met suiwer goud, ongeveer twintig ton.

9. Hulle het goue spykers gebruik wat ongeveer ’n halwe kilogram weeg. Die mure van die bokamers was ook met suiwer goud oorgetrek.

10. Salomo het twee figure gemaak wat soos gerubs gelyk het en met goud oorgetrek. Dit is in die Allerheiligste neergesit.

11. Die vlerke van die gerubs wat langs mekaar gestaan het, was saam tien meter lank. Een vlerk van die eerste gerub het die muur geraak. Die ander vlerk het aan die vlerk van die tweede gerub geraak. Altesaam was die een se vlerkspan vyf meter lank.

12. Net so het die een vlerk van die tweede gerub die ander muur geraak en die ander vlerk die vlerk van die eerste gerub.

13. Tesame was die vlerkspan van albei gerubs tien meter. Albei het op hulle eie voete gestaan en uitgekyk op die hoofvertrek van die tempel.

14. Salomo het ’n gordyn voor die ingang na die Allerheiligste gehang. Dit is gemaak van fyn linne en blou, pers en bloedrooi stof, met figure van gerubs daarop uitgewerk.

15. Aan die voorkant van die tempel het Salomo twee pilare van sewentien en ’n half meter hoog opgerig. Elkeen het ’n kapiteel bo-op gehad van twee en ’n half meter.

16. Hy het kettings gemaak soos ’n krans en het die bopunte van die pilare daarmee verfraai. Hy het ook 100 granate gemaak en aan die kettings vasgemaak.

17. Daarna het hy die twee pilare by die ingang tot die tempel gesit, een aan die suidekant van die ingang en die ander aan die noordekant. Hy het die suidelike een Jakin genoem en die een aan die noordelike een Boas.