hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die noordelike stamme kom in

opstand

1. Rehabeam het na Sigem toe gegaan waar die hele Israel bymekaargekom het om hom tot koning te kroon.

2. Toe Jerobeam, seun van Nebat, van Salomo se dood hoor, het hy uit Egipte teruggekeer. Hy het daarheen gevlug omdat hy bang was vir koning Salomo.

3. Hulle het Jerobeam laat kom en hy en die leiers van Israel het saam na Rehabeam gegaan en gesê:

4. “U pa het ons ’n swaar las laat dra. Verminder tog die arbeidslas wat u pa op ons gelê het. Dan sal ons u getroue onderdane bly.”

5. Rehabeam het geantwoord: “Kom oor drie dae terug na my toe.” Die volk het toe huis toe gegaan.

6. Daarna het koning Rehabeam na die ouer manne, raadgewers van sy pa Salomo, gegaan. “Wat is julle raad?” vra hy. “Hoe moet ek hierdie mense antwoord?”

7. Hulle het vir hom gesê: “As u vandag na die volk luister en hulle tevrede stel met ’n gunstige antwoord, sal hulle altyd u onderdane bly.”

8. Maar Rehabeam het die raad van die ouer mense verwerp en vir die jong mans wat saam met hom grootgeword het en nou in sy diens was, gevra:

9. “Wat dink julle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die laste wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”

10. Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, het geantwoord: “Dit is wat u vir die mense wat met u gepraat het om hulle las te verlig, moet sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se middellyf.

11. My pa het ’n swaar lasop julle gelê,maar ek gaan die lasnog swaarder maak.My pa het julle met swepe geslaan,maar ek sal skerpioene gebruik!’”

12. Soos die koning gevra het, het die hele volk en Jerobeam drie dae later teruggekom om te hoor wat Rehabeam se besluit was.

13. Maar Rehabeam het hardvogtig met hulle gepraat, want hy het die raad van die ouer raadsmanne verwerp

14. en die raad van die jong mans aanvaar. Hy het vir die mense gesê: “My pa het ’n swaar las op julle gelê, maar ek gaan die las nog swaarder maak! My pa het julle met swepe geslaan, maar ek sal skerpioene gebruik!”

15. Die koning het nie geluister na die mense se eise nie. Hierdie verandering was die wil van God, want dit was ’n vervulling van die Here se profesie aan Jerobeam, seun van Nebat, deur die profeet Agija van Silo.

16. Toe die hele Israel besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle vir hom geskree: “Weg met Dawid en sy koningshuis! In die seun van Isai het ons geen aandeel nie!Gaan terug na julle wonings toe,Israel!Sorg nou vir julleself, huis van Dawid!”Die hele Israel het toe teruggegaan na hulle huise toe.

17. Maar Rehabeam was koning oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.

18. Koning Rehabeam stuur toe vir Hadoram, wat in bevel van die dwangarbeiders was, om orde te bring. Maar die Israeliete het hom gestenig. Koning Rehabeam kon net betyds in sy strydwa kom en Jerusalem toe vlug.

19. Tot vandag toe nog weier die noordelike stamme van Israel om deur ’n afstammeling van Dawid regeer te word.