hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yitz’gak het Ya’akov geroep en hom geseën en hy het hom bevel gegee en gesê: “Jy mag nie ’n vrou vat uit die dogters van Kena’an nie.Eks 34:16; Deut 7:3; Neg 10:30

2. Staan op, gaan na Paddan-Aram, na die huis van B’tu’el, jou moeder se vader en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Lavan, jou moeder se broer.

3. Mag El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) jou seën, jou vrugbaar maak en jou vermeerder sodat jy ’n menigte van volke mag word

4. en mag Hy jou die seën van Avraham gee, aan jou en jou nageslag saam met jou sodat jy die land waarin jy ’n besoeker is in besit kan neem, wat God aan Avraham gegee het.”

5. Yitz’gak het Ya’akov so weggestuur en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Lavan, die seun van B’tu’el, die Arameër, die broer van Rivkah, die moeder van Ya’akov en `Esav.

6. Toe `Esav sien dat Yitz’gak Ya’akov geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal en terwyl hy hom geseën het aan hom bevel gegee en gesê het: ‘Jy mag nie ’n vrou uit die dogters van Kena’an vat nie’

7. en dat Ya’akov sy vader en sy moeder gehoorsaam het om na Paddan-Aram te gaan;

8. toe `Esav sien dat die dogters van Kena’an boos was in die oë van sy vader Yitz’gak,

9. het `Esav na Yishma’el gegaan en Magalat, die suster van N’vayot en die dogter van Yishma’el, die seun van Avraham, by die vroue wat hy het vir hom as vrou gevat.

10. Ya’akov het uit Be’er-Sh’va vertrek in die rigting van Haran.

11. Hy het by ’n sekere plek gekom waar hy oornag het, want die son was al onder en hy vat een van die klippe van daardie plek en sit dit onder sy kop en hy gaan lê op dié plek en slaap.

12. Hy het gedroom: let op, ’n leer is op die aarde opgestel waarvan die punt tot by die hemele kom en let op, die engele van God gaan daarmee op en af.Yog 1:51

13. Let op, יהוה het bo-aan dit gestaan en gesê: “Ek is יהוה, die God van jou vader Avraham en die God van Yitz’gak. Die land waarop jy lê, gee Ek aan jou en aan jou nageslag

14. en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde en jy sal uitbrei na die weste en die ooste en na die noorde en die suide en in jou en jou Saad sal al die families van die aarde geseën wees.Gen 12:2-3; Gen 22:18; Gen 26:4

15. Let op, Ek is by jou en Ek sal jou beskerm oral waar jy heengaan en Ek sal jou terugbring in hierdie land, want Ek sal jou nie verlaat nie totdat Ek gedoen het wat Ek vir jou gesê het.”

16. Ya’akov word uit sy slaap wakker en sê: “Waarlik, יהוה is op hierdie plek en ek het dit nie geweet nie.”

17. Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreeslik is hierdie plek! Hierdie is niks anders as ’n huis van God nie en hierdie is die hek van die hemel.”

18. Ya’akov het vroeg die oggend opgestaan, die klip gevat wat hy onder sy kop gesit het, dit opgerig as ’n pilaar en olie daaroor uitgegooi.

19. Hy het die plek Beit-El genoem, maar die naam van die stad was tevore Luz.

20. Ya’akov het ’n belofte gemaak en gesê: “As God by my sal wees om my te beskerm op hierdie pad wat ek gaan en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek

21. en ek in vrede na die huis van my vader sal terugkom, dan sal יהוה my God wees

22. en hierdie klip wat ek as pilaar opgerig het, sal ’n huis van God wees en van alles wat U my gee, sal ek ’n tiende as tiende aan U gee.”