hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was so dat die hele aarde dieselfde taal en dieselfde manier van praat gehad het.

2. Dit het so gebeur dat toe hulle weggetrek het vanuit die ooste, hulle ’n wye oop vallei in die land van Shin’ar gekry het en hulle het daar gaan bly.

3. Hulle sê toe vir mekaar: “Kom ons maak stene en brand dit met vuur.” Hulle het toe die bakstene as klippe en die lymgrond (Asfalt) vir klei gehad.

4. Hulle sê ook: “Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring waarvan die punt in die hemele is en laat ons vir ons ’n outoriteit en karakter (naam) daarstel sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.”

5. יהוה het afgekom om die stad en die toring te sien wat die seuns van die mens gebou het.

6. יהוה het gesê: “Let op, hulle is nou een volk en het almal een taal en dit is net die begin van wat hulle beplan het om te doen; nou sal niks wat hulle beplan om te doen vir hulle onmoontlik wees nie.

7. Kom, laat Ons afgaan en hulle taal daar verwar sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.”

8. Só het יהוה hulle daarvandaan oor die hele aarde verstrooi en hulle het opgehou om die stad te bou.

9. Hulle het dit as gevolg daarvan Bavel genoem, want dáár het יהוה die taal van die hele aarde deurmekaar gemaak en daarvandaan het יהוה hulle oor die hele aarde verstrooi.

10. Dit is die nageslag van Shem: toe Shem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpakhshad geword, twee jaar ná die vloed.

11. Shem het ná die geboorte van Arpakhshad nog vyf honderd jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpakhshad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Shelag geword.

13. Arpakhshad het ná die geboorte van Shelag nog vier honderd en drie jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

14. Toe Shelag dertig jaar oud was, het hy die vader van `Ever geword.

15. Shelag het ná die geboorte van `Ever nog vier honderd en drie jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

16. Toe `Ever vier en dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword.

17. `Ever het ná die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Re’u geword.

19. Peleg het ná die geboorte van Re’u nog twee honderd en nege jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

20. Toe Re’u twee en dertig jaar oud was, het hy die vader van S’rug geword.

21. Re’u het ná die geboorte van S’rug nog twee honderd en sewe jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

22. Toe S’rug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nagor geword.

23. S’rug het ná die geboorte van Nagor nog twee honderd jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

24. Toe Nagor nege en twintig jaar oud was, het hy die vader van Terag geword.

25. Nagor het ná die geboorte van Terag nog honderd en negentien jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

26. Toe Terag sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Avram, Nagor en Haran.

27. Dit is die nageslag van Terag: Terag het die vader geword van Avram, Nagor en Haran en Haran van Lot.

28. Haran is in Ur van die Kasdeërs, in sy geboorteland, dood terwyl sy vader Terag nog geleef het.

29. Avram en Nagor het vir hulle vroue gevat. Die naam van Avram se vrou was Sarai en die naam van Nagor se vrou was Milkah, die dogter van Haran, die vader van Milkah en van Yiskah.

30. Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

31. Terag het sy seun Avram, Lot, die seun van Haran, sy kleinseunHand 7:4 en vir Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Avram, gevat en saam met hulle uit Ur van die Kasdeërs getrek om na die land Kena’an te gaan. Hulle het tot by Haran gekom en daar gaan bly.

32. Die dae van Terag was twee honderd en vyf jaar en Terag is in Haran dood.