hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sarah het honderd sewe en twintig jaar geleef. Dit was die lewensjare van Sarah.

2. Sarah is dood in Kiryat-Arba (dorp van die reuse), dit is Hevron, in die land Kena’an en Avraham het gekom om oor Sarah te rou en oor haar te huil.

3. Avraham het opgestaan van voor die lyksdraagbaar van sy dooie en met die seuns van Het gepraat en gesê:

4. “Ek is ’n vreemdeling en ’n gas onder julle. Gee vir my ’n stuk land by julle as graf sodat ek die dooie van voor my sig af weg kan begrawe.”

5. Toe antwoord die seuns van Het vir Avraham en sê vir hom:

6. “Luister na ons, my meester! U is ’n heerser van God onder ons. Begrawe u dooie in die beste graf wat ons het. Niemand van ons sal u sy graf weier om u dooie te begrawe nie.”

7. Avraham het opgestaan en hom voor die mense van die land neergebuig, voor die seuns van Het

8. en hy het met hulle gepraat en gesê: “As julle dit goed vind dat ek my dooie van voor my sig af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by `Efron, die seun van Tzogar

9. sodat hy aan my die spelonk van Makhpela, wat aan hom behoort, gee wat aan die end van sy veld lê. Laat hy dit vir die volle som aan my gee dat ek ’n graf onder julle mag besit.”

10. `Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord `Efron, die Hetiet, Avraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:

11. “Nee, my meester, luister na my. Ek gee die veld vir u en die grot wat daarin is, voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u. Begrawe u dooie.”

12. Avraham het hom voor die volk van die land neergebuig

13. en met `Efron gepraat voor die ore van die volk van die land: “As u die veld vir my wil gee, luister na my! Ek gee die geld vir die veld. Vat dit van my sodat ek my een wat dood is daar kan begrawe.”

14. `Efron het Avraham geantwoord en vir hom gesê:

15. “My meester, luister na my. Die veld is vier honderd sikkels silwer werd. Wat is dit tussen my en u? Begrawe maar u dooie.”

16. Avraham het geluister na `Efron en Avraham het aan `Efron die geld afgeweeg waarvan hy gepraat het voor die ore van die seuns van Het: vier honderd sikkels silwer; ruilmiddel van die handelaars.

17. So is die veld van `Efron wat in Makhpela teenoor Mamre lê, die veld, die grot wat daarin is en al die bome op die veld wat tussen die grense daarvan staan,

18. aan Avraham, as eiendom verkoop voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.

19. Daarna het Avraham sy vrou Sarah begrawe in die grot op die stuk grond van Makhpela, oos van Mamre, dit is Hevron, in die land Kena’an.

20. So is die veld en die grot wat daarin was, deur die seuns van Het, aan Avraham verkoop, as eiendom vir ’n graf.