hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dinah, die dogter van Le’ah, wat vir Ya’akov gebore is, het uitgegaan om die dogters van die land te sien.

2. Toe Sh’khem, die seun van Hamor, die Heviet, die heerser van die land, haar sien, het hy haar gegryp en by haar gelê en haar onteer.

3. Sy wil, verstand, liggaam en gees het geheg geraak aan Dinah, die dogter van Ya’akov en hy het die meisie liefgehad en sag met die meisie gepraat.

4. Sh’khem het ook met sy vader Hamor gepraat en gesê: “Kry hierdie meisie vir my as vrou.”

5. Ya’akov het gehoor dat sy dogter Dinah onteer is. Sy seuns was by sy vee in die veld en Ya’akov het stilgebly totdat hulle gekom het.

6. Hamor, die vader van Sh’khem, het uitgegaan na Ya’akov om met hom te praat.

7. Die seuns van Ya’akov het uit die veld gekom toe hulle dit hoor en die manne was gegrief en uitermate woedend omdat hy ’n skandelike daad in Yisra’el begaan het, deur by die dogter van Ya’akov te lê: ’n ding wat nie gedoen moes word nie.

8. Hamor praat met hulle en sê: “Die wil, verstand, liggaam en gees van my seun Sh’khem verlang na julle dogter: gee haar asseblief vir hom as vrou

9. en tree in huwelike met ons: gee vir ons julle dogters en vat vir julle ons dogters.

10. Bly by ons en die land lê voor julle oop; bly en dryf handel en verkry besittings daarin.”

11. Sh’khem sê ook vir haar vader en broers: “Laat my guns vind in julle oë en wat julle van my vra, sal ek gee.

12. Vra my enige grootte bruidskat en geskenk en ek sal gee volgens wat julle aan my sê, maar gee vir my die meisie as vrou.”

13. Die seuns van Ya’akov antwoord vir Sh’khem en Hamor, sy vader en praat met misleiding omdat hy hulle suster Dinah onteer het

14. en sê vir hulle: “Ons kan hierdie ding nie doen om ons suster aan ’n man te gee wat onbesnede is nie, want dit sou ’n skande vir ons wees.

15. Op hierdie voorwaarde alleen kan ons inwillig: as julle word soos ons is deurdat almal van julle wat manlik is, besny word.

16. Ons sal dan ons dogters aan julle gee en ons sal julle dogters vir ons vat en ons sal by julle bly en een volk word,

17. maar as julle nie na ons luister en besny word nie, dan vat ons ons dogter en gaan weg.”

18. Hulle woorde was goed in die oë van Hamor en van Sh’khem, die seun van Hamor.

19. Die jongman het nie uitgestel om dit te doen nie, want hy het vreugde gevind in die dogter van Ya’akov en hy was die mees eerbare in die hele huis van sy vader.

20. Hamor en sy seun Sh’khem gaan na die poort van hulle stad en praat met die manne van hulle stad en sê:

21. “Hierdie manne is vredevol teenoor ons; daarom, laat hulle in die land bly en daarin handel dryf: die land lê mos breed oop voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue vat en ons sal ons dogters vir hulle gee,

22. maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te bly, om een volk te wees: as alle mans by ons, besny word soos hulle besny is.

23. Sal hulle vee, hulle besittings en al hulle diere nie ons s’n wees nie? Laat ons net instem sodat hulle by ons kan bly.”

24. Hulle het na Hamor en na sy seun Sh’khem geluister, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het en almal wat manlik was, wat uit sy stadspoort uitgegaan het, is besny.

25. Dit het so gebeur dat op die derde dag, toe hulle in pyn was, twee van die seuns van Ya’akov, Shim’on en Levi, broers van Dinah, elkeen sy swaard gevat, die stad stilweg ingegaan en al die mans doodgeslaan het.

26. Hulle slaan ook vir Hamor en sy seun Sh’khem met die skerpte van die swaard dood, vat Dinah uit die huis van Sh’khem en gaan uit.

27. Die seuns van Ya’akov het op die wat dood is afgekom en die stad geplunder omdat hulle hulle suster onteer het.

28. Hulle het hulle kleinvee, hulle beeste en hulle esels, wat ook al in die stad en in die veld was, weggevat.

29. Al hulle besittings, al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes en as buit weggevoer en ook alles wat in die huise was.

30. Ya’akov sê vir Shim’on en Levi: “Julle het vir my moeilikheid gemaak deurdat julle my verwerplik gemaak het by die inwoners van die land, die Kena’aniete en P’risiete. Omdat ek min is, sal hulle saamkom teen my, my doodmaak en vernietig, my en my huis.”

31. Hulle antwoord: “Moes hy ons suster as ’n hoer behandel!”