hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. God het vir Ya’akov gesê: “Staan op, gaan op na Beit-El, bly daar en bou daar ’n altaar vir die Magtige God wat aan jou verskyn het toe jy gevlug het van die teenwoordigheid van jou broer, `Esav, af.”

2. Ya’akov sê vir sy huisgesin en aan almal wat by hom was: “Gooi weg die vreemde gode wat onder julle is, reinig julle en trek ander klere aan

3. en laat ons opstaan en optrek na Beit-El en ek sal daar ’n altaar bou vir die Magtige God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die pad wat ek gegaan het.”

4. Toe gee hulle vir Ya’akov al die vreemde gode wat in hulle besit was en die ringe aan hulle ore en Ya’akov het dit weggesteek onder die Eikeboom wat by Sh’khem is.

5. Hulle het weggetrek en ’n vrees van God het op die stede rondom hulle gekom sodat hulle die seuns van Ya’akov nie agtervolg het nie.

6. So het Ya’akov dan in Luz, dit is Beit-El, aangekom wat in die land Kena’an is; hy en al die mense wat by hom was.

7. Hy het daar ’n altaar gebou en die plek El-Beit-El genoem, want daar het die Magtige God homself aan hom openbaar toe hy vir die teenwoordigheid van sy broer gevlug het.

8. D’vorah, Rivkah se oppasster, is dood en sy is begrawe onderkant Beit-El, onder die eikeboom. Hulle het dit Alon-Bakhut genoem.

9. God het weer aan Ya’akov verskyn by sy terugkoms uit Paddan-Aram en hom geseën.

10. God het vir hom gesê: “Jou naam is Ya’akov; jy sal verder nie Ya’akov genoem word nie, maar Yisra’el sal jou naam wees” en Hy het hom Yisra’el genoem.

11. God het ook vir hom gesê: “Ek is El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is). Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n versameling van nasies, sal van jou uitgaan en konings sal uit jou lendene uitkom.

12. Die land wat Ek vir Avraham en Yitz’gak gegee het, gee Ek vir jou en aan jou nageslag ná jou gee Ek die land.”

13. Toe het God van hom af opgegaan op die plek waar Hy met hom gepraat het.

14. Ya’akov het ’n pilaar opgerig op die plek waar Hy met hom gepraat het, ’n pilaar van klip en daarop ’n drankoffer en olie uitgegooi.

15. Ya’akov het die plek waar God met hom gepraat het, Beit-El genoem.

16. Hulle het van Beit-El af weggegaan en toe daar nog ’n ent pad oor was om by Efrat te kom, het Ragel geboorte gegee en sy het ’n moeilike geboorte gehad.

17. Dit het so gebeur dat terwyl sy dit moeilik gehad het by die geboorte, die vroedvrou vir haar sê: “Moenie vrees nie, want u sal ook hierdie seun hê.”

18. Toe haar gees en lewe uitgaan, want sy het gesterf, noem sy hom Ben-Oni, maar sy vader het hom Binyamin genoem.

19. So is Ragel dood en is begrawe op die pad na Efrat, wat Beit-Legem is.

20. Ya’akov het ’n pilaar op haar graf opgesit; dit is die pilaar van die graf van Ragel tot vandag toe.

21. Yisra’el het weggegaan en sy tent opgeslaan aan die anderkant van Migdal-`Eder.

22. Dit het gebeur terwyl Yisra’el in dié land bly, Re’uven gegaan en by Bilhah, sy vader se byvrou, gelê het en Yisra’el het daarvan gehoor.Gen 49:3,4; Lev 20:11 Ya’akov het twaalf seuns gehad.

23. Die seuns van Le’ah was: Re’uven, die eersgeborene van Ya’akov, daarna Shim’on, Levi, Y’hudah, Yissakhar en Z’vulun.

24. Die seuns van Ragel was: Yosef en Binyamin.

25. Die seuns van Bilhah, die slavin van Ragel, was: Dan en Naftali.

26. Die seuns van Zilpah, die slavin van Le’ah, was: Gad en Asher. Dit is die seuns van Ya’akov wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27. Ya’akov het by sy vader Yitz’gak gekom in Mamre, by Kiryat-Arba, dit is Hevron, waar Avraham en Yitz’gak as besoekers gebly het.

28. Die dae van Yitz’gak was honderd en tagtig jaar.

29. Yitz’gak het die asem uitgeblaas en is dood en hy is bymekaargemaak by sy volksgenote, oud en vervuld in dae en sy seuns `Esav en Ya’akov het hom begrawe.