hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe kon Yosef hom nie langer inhou voor almal wat by hom gestaan het nie en hy roep uit: “Laat almal van my af uitgaan!” Niemand het by hom gestaan toe Yosef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.Hand 7:13

2. Hy het hardop gehuil en die Mitzrayiete, asook die huis van Farao het dit gehoor.

3. Yosef sê vir sy broers: “Ek is Yosef! Leef my vader nog?” Maar sy broers was nie in staat om hom te antwoord nie, want hulle het van binne gebewe oor sy teenwoordigheid.

4. Yosef sê vir sy broers: “Kom nader na my toe.” Hulle het nader gekom. Hy sê: “Ek is julle broer Yosef vir wie julle na Mitzrayim toe verkoop het.

5. Moet egter nie nou spyt wees daaroor nie en laat daar geen kwaad in julle oë wees dat julle my hierheen verkoop het nie, want om lewens te red, het God my voor julle uitgestuur,

6. want daar was reeds hierdie twee jaar hongersnood in die land en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.

7. God het my voor julle uitgestuur om julle as ’n oorblyfsel op die aarde te bewaar en om julle in die lewe te hou tot ’n groot verlossing.

8. Dit was nou nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God en Hy het my ’n vader vir Farao gemaak, meester oor sy hele huis en ’n heerser in die hele Mitzrayim.

9. Maak gou, gaan op na my vader en sê vir hom: ‘So sê u seun Yosef: God het my meester oor die hele Mitzrayim gemaak. Kom af na my toe, moenie versuim nie!

10. U sal in die land Goshen bly en sal naby my wees, u, u kinders, u kindskinders, u kleinvee, u beeste en alles wat u besit

11. en ek sal u daar versorg sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees.’

12. Let op, julle oë en die oë van my broer, Binyamin, sien dat dit my mond is wat met julle praat.

13. Julle sal my vader vertel van al my eer en oorvloed in Mitzrayim en van alles wat julle gesien het en julle sal gou maak en my vader afbring hierheen.”

14. Hy het sy broer Binyamin om die nek geval en gehuil en Binyamin het op sy nek gehuil.

15. Meer nog, hy het al sy broers gesoen en oor hulle gehuil en daarna het sy broers met hom gepraat.

16. Die verslag daarvan is in die huis van Farao gehoor: dat Yosef se broers gekom het en dit was goed in die oë van Farao en van sy diensknegte.

17. Farao het vir Yosef gesê: “Sê aan jou broers: ‘Doen dit, laai julle diere en gaan weg na die land Kena’an

18. en gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die goeie van Mitzrayim gee en julle sal die vet van die land eet.’

19. Jy is nou beveel; doen dit: vat vir julle uit Mitzrayim waens vir julle kinders en julle vroue en bring julle vader en kom.

20. Julle hoef geen spyt te hê oor julle besittings nie, want die beste van die hele Mitzrayim is julle s’n.”

21. Die seuns van Yisra’el het toe so gedoen en Yosef het vir hulle waens gegee volgens die bevel van Farao en vir hulle voorsiening gegee vir die reis.

22. Hy het aan hulle almal, man vir man, ’n stel nuwe klere gegee, maar vir Binyamin het hy drie honderd stukke silwer en vyf stelle klere gegee.

23. Hy het ook aan sy vader gestuur: tien donkies, gelaai met die goeie dinge van Mitzrayim en tien donkiemerries, gelaai met graan, brood en kos vir sy vader se reis.

24. So het hy sy broers weggestuur, hulle het vertrek en hy het vir hulle gesê: “Moenie bang word op die pad nie.”

25. Hulle het opgegaan uit Mitzrayim uit en in die land Kena’an aangekom by hulle vader Ya’akov.

26. Hulle het hom vertel: “Yosef lewe nog en hy heers oor die hele Mitzrayim.” Sy binneste het lam geword, want hy het hulle nie geglo nie,

27. maar toe hulle hom al die woorde van Yosef vertel wat hy met hulle gepraat het en hy die waens sien wat Yosef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Ya’akov, hulle vader, lewendig geword.

28. Yisra’el het gesê: “Dit is genoeg! My seun Yosef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterf.”