hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was in die dae van Amrafel, die koning van Shin’ar; Aryok, die koning van Ellasar; K’dorla’omer, die koning van `Eilam en Tid’al, die koning van Gelites,

2. dat hulle oorlog gemaak het teen Bera, die koning van S’dom, Birsha, die koning van `Amorra, Shin’av, die koning van Admah, Shem’ever, die koning van Tzvoyim en teen die koning van Bela, wat Tzo’ar is.

3. Al hierdie het bymekaargekom in die vlakte van Siddim, dit is die Soutsee.

4. Hulle het K’dorla’omer twaalf jaar lank gedien, maar in die dertiende jaar het hulle gerebelleer.

5. In die veertiende jaar het K’dorla’omer en die konings wat saam met hom was gekom en hulle het die Refa’iete in `Asht’rot-Karnayim, die Zuziete in Ham, die Eimiete in Shaveh-Kiryatayim

6. en die Horiete op hulle Se’ir gebergtes, tot by Eil-Pa’ran, wat aan die wildernis lê, verslaan.

7. Daarna het hulle omgedraai en by Ein-Mishpat, dit is Kadesh, gekom en die hele land van die `Amalekiete verower asook die Emoriete wat in Hatzatzon-Tamar bly.

8. Toe gaan die konings van S’dom, `Amorra, Admah, Tzvoyim en Bela, dit is Tzo’ar, uit en stel hulleself op in slagorde in die vlakte van Siddim

9. teen K’dorla’omer, die koning van `Eilam, Tid’al, die koning van die ander nasies, Amrafel, die koning van Shin’ar en Aryok, die koning van Ellasar: vier konings teen vyf.

10. Die vlakte van Siddim was vol asfaltgate en toe die konings van S’dom en `Amorra wegvlug, het sommige daarin geval en die wat oorgebly het, het na die berge gevlug.

11. Hulle het al die besittings van S’dom en `Amorra en al hulle kos gevat en weggetrek.

12. Hulle het ook vir Lot, Avram se broerskind en al sy besittings gevat, want hy het in S’dom gebly en weggegaan.

13. ’n Vlugteling kom en vertel dit vir Avram, die Hebreër wat by die Eikebome van Mamre, die Emoriet, broer van Eshkol en `Aner, gebly het; hulle was in verbond met Avram.

14. Toe Avram hoor dat sy broerskind as gevangene weggevoer is, het hy sy drie honderd en agtien opgeleide, geoefende manne, wat in sy huis gebore is, laat uittrek en hulle tot by Dan agtervolg.

15. Hy en sy diensknegte het opgedeel in die nag en hulle aangeval en hulle verslaan en agtervolg tot by Hovah wat noord van Dammesek lê.

16. Hy het al die besittings teruggebring, asook sy broerskind Lot en sy besittings, die vroue en al die mense.

17. Die koning van S’dom het ná sy terugkoms van die verslaan van K’dorla’omer en die konings wat saam met hom was, uitgetrek, hom tegemoet, in die Shavehvallei, dit is die Koningsvallei.

18. Malki-Tzedek, die koning van Shalem, nie-Levitiese priester van El-`Elyon (Die Allerhoogste, Magtige God), het brood en wyn uitgebring

19. en hom geseën en gesê: “Geseënd is Avram deur El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde

20. en geseënd is El-`Elyon, wat u vyande in u hand gegee het.” Toe gee Avram hom ’n tiende van alles.Heb 7:1,2

21. Die koning van S’dom sê vir Avram: “Gee vir my die mense, maar vat die besittings vir uself,

22. maar Avram antwoord die koning van S’dom: “Ek het my hand opgelig voor יהוה, El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde

23. sodat ek geen garingdraad of skoenriem sal vat en niks van enige iets wat u s’n is nie sodat u nie kan sê: ‘Ek het Avram ryk gemaak,’ nie;

24. net wat die diensknegte geëet het en die manne wat saam met my getrek het se deel: `Aner, Eshkol en Mamre, laat dié hulle deel vat.”