hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Avraham was en Yitz’gak het na Avimelekh, die koning van die F’lishtyne, na G’rar getrek.

2. יהוה het aan hom verskyn en gesê: “Moenie aftrek in Mitzrayim in nie; bly in die land wat Ek vir jou sal wys.

3. Bly as besoeker in hierdie land en Ek sal by jou wees en jou seën, want aan jou en jou nageslag gee Ek al hierdie koninkryke. Ek sal die eed nakom wat Ek teenoor jou vader, Avraham, gesweer het

4. en Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees

5. omdat Avraham My stem gehoorsaam het en My opdragte, My bevele, My verordeninge en My wette nagekom het.”Hand 3:25

6. Yitz’gak het in G’rar gebly.

7. Die manne van die plek het hom na sy vrou gevra en hy antwoord: “Sy is my suster.” Hy was bang om te sê: “My vrou,” anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, hom miskien doodmaak ter wille van Rivkah, want sy was mooi om na te kyk.

8. Nadat hy al ’n lang tyd daar was, het dit so gebeur dat Avimelekh, die koning van die F’lishtyne, deur die venster uitkyk en sien hoedat Yitz’gak met Rivkah, sy vrou, speel

9. en Avimelekh het Yitz’gak geroep en gesê: “Let op, sy is sekerlik jou vrou! Hoekom het jy dan verklaar: sy is my suster?” Yitz’gak antwoord hom: “Omdat ek gedink het dat ek miskien om haar ontwil doodgemaak sal word.”

10. Avimelekh sê: “Wat is hierdie wat jy ons aangedoen het? Hoe maklik kon een van die mense by jou vrou gelê het en jy skuld oor ons gebring het!”

11. Avimelekh het bevel gegee aan die hele volk en gesê: “Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal die dood sterf.”

12. Yitz’gak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig ingebring, want יהוה het hom geseën.

13. Die man het ryk geword en altyddeur gegroei in rykdom totdat hy uitermate ryk was.

14. Hy het troppe kleinvee en beeste besit en baie bediendes sodat die F’lishtyne jaloers was op hom.

15. Die F’lishtyne het al die putte wat sy vader se diensknegte in die dae van sy vader Avraham gegrawe het, toegestop en met grond opgevul.

16. Avimelekh sê vir Yitz’gak: “Gaan weg van ons af, want jy het magtiger as ons geword.”

17. Daarop het Yitz’gak weggetrek van daar en sy tent opgeslaan in die vallei van G’rar en daar gebly.

18. Yitz’gak het die waterputte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Avraham gegrawe het en wat die F’lishtyne ná die dood van Avraham toegestop het en dit genoem volgens die name wat sy vader daaraan gegee het.

19. Yitz’gak se diensknegte het ook in die dal gegrawe en daar ’n put met lewendige water gevind.

20. Die herders van G’rar het gestry met die herders van Yitz’gak en gesê: “Dit is óns water.” Hy het die put daarom `Esek genoem omdat hulle met hom gestry het.

21. Hulle het ’n ander put gegrawe en daaroor het hulle ook gestry; daarom het hy dit Sitnah genoem.

22. Hy het vandaar verskuif en ’n ander put gegrawe en daaroor is nie getwis nie; daarom het hy dit Regovot genoem en gesê: “Want nou het יהוה vir ons groot plek gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.”

23. Hy het vandaar af opgetrek na Be’er-Sh’va.

24. יהוה het in dieselfde nag aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van Avraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van my dienskneg, Avraham.”

25. Toe bou hy daar ’n altaar en hy het die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep en sy tent daar opgeslaan en die diensknegte van Yitz’gak het daar ’n put gegrawe.

26. Toe kom Avimelekh vanaf G’rar na hom toe, saam met Aguzat, sy vriend en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër.

27. Yitz’gak het hulle gevra: “Waarom het julle na my toe gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?”

28. Toe antwoord hulle: “Ons het duidelik gesien dat יהוה met jou is; daarom het ons gedink: laat daar nou ’n eed wees tussen ons, tussen ons en jou en laat ons ’n verbond met jou sluit:

29. jy moet ons geen boosheid aandoen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks anders as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou die geseënde van יהוה.”

30. Hy het vir hulle ’n feesmaal voorberei en hulle het geëet en gedrink.

31. Hulle het die oggend vroeg opgestaan en het ’n eed teenoor mekaar gesweer. Yitz’gak het hulle laat gaan en hulle het in vrede van hom af weggegaan.

32. Dit het op dieselfde dag wat die diensknegte van Yitz’gak gekom en hom vertel het van die put wat hulle gegrawe het en vir hom gesê het: “Ons het water gekry,” gebeur.

33. Hy het dit Shiv’ah genoem; daarom is die naam van die stad Be’er-Sh’va tot vandag toe.

34. Toe `Esav veertig jaar oud was, het hy Y’hudit, die dogter van Be’eri, die Hetiet en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet vir hom as vroue gevat

35. en hulle was vir Yitz’gak en Rivkah ’n gees van bitterheid.