hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Ragel sien dat sy vir Ya’akov geen kinders gee nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en vir Ya’akov gesê: “Gee vir my seuns of anders sterf ek.”

2. Ya’akov het kwaad geword teenoor Ragel en gevra: “Is ek dan in die plek van God wat die vrug van jou baarmoeder van jou teruggehou het?”

3. Sy antwoord: “Let op, my slavin Bilhah; gaan by haar in sodat sy op my knieë geboorte kan gee en ek ook uit haar opgebou kan word.”

4. Sy het haar slavin Bilhah vir hom as vrou gegee en Ya’akov het by haar ingegaan

5. en Bilhah het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun vir Ya’akov.

6. Ragel het gesê: “God het my saak beoordeel en ook my stem gehoor en vir my ’n seun gegee.” Sy het hom daarom Dan genoem.

7. Bilhah, die slavin van Ragel, is weer bevrug en het geboorte gegee aan ’n tweede seun vir Ya’akov.

8. Ragel het gesê: “Ek het magtige worstelinge met my suster gestoei en oorwin.” Sy het hom Naftali genoem.

9. Toe Le’ah sien dat sy opgehou het om geboorte te gee, vat sy haar slavin Zilpah en gee haar aan Ya’akov as vrou.

10. Zilpah, die slavin van Le’ah, het geboorte gegee aan ’n seun vir Ya’akov.

11. Toe sê Le’ah: “Goeie geluk het gekom!” Sy het dus sy naam Gad gegee.

12. Daarna het Zilpah, die slavin van Le’ah, geboorte gegee aan ’n tweede seun vir Ya’akov.

13. Toe sê Le’ah: “Ek is gelukkig! Die dogters sal my lof besing.” Sy het hom Asher genoem.

14. Re’uven het in die dae van die graanoes gegaan en alruin in die veld gevind en dié na sy moeder Le’ah gebring en Ragel sê vir Le’ah: “Gee vir my van jou seun se alruin.”

15. Sy antwoord haar: “Is dit iets kleins dat jy my man weggevat het? Sal jy my seun se alruin ook wegvat?” Ragel sê: “Vir jou seun se alruin mag hy vannag by jou lê.”

16. Toe Ya’akov teen sonsondergang uit die veld uit kom, gaan Le’ah hom tegemoet en sê: “Jy moet inkom na my toe, want ek het jou gehuur vir my seun se alruin.” Hy het dié nag by haar gelê.

17. God het Le’ah verhoor: sy het bevrug geword en vir Ya’akov geboorte gegee aan ’n vyfde seun.

18. Le’ah het gesê: “God het my my loon gegee omdat ek my slavin aan my man gegee het.” Sy het hom Yissakhar genoem.

19. Le’ah het weer bevrug geword en vir Ya’akov geboorte gegee aan ’n sesde seun.

20. Le’ah het gesê: “God het aan my ’n goeie geskenk toegestaan; die keer sal my man uiteindelik by my bly, want ek het vir hom geboorte gegee aan ses seuns.” Sy het hom Z’vulun genoem.

21. Daarna het sy geboorte gegee aan ’n dogter en haar Dinah genoem.

22. God het Ragel onthou en God het haar gehoor en haar baarmoeder oopgemaak:

23. sy het bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun. Sy het gesê: “God het my skande weggevat.”

24. Sy het hom Yosef genoem en gesê: “יהוה sal vir my nog ’n seun byvoeg!”

25. Dit het so gebeur dat toe Ragel geboorte gegee het aan Yosef, Ya’akov vir Lavan gesê het: “Laat my gaan sodat ek na my eie plek en my eie land kan gaan.

26. Gee my vroue en my jongelinge waarvoor ek u gedien het sodat ek kan gaan, want u ken self die diens waarmee ek u gedien het.”

27. Lavan antwoord hom: “Bly asseblief as ek guns in u oë gevind het; ek het die tekens gesien dat יהוה my om jou ontwil geseën het.”

28. Hy sê ook: “Spesifiseer vir my jou loon en ek sal dit gee.”

29. Hy antwoord hom: “U weet self hoe ek u gedien het en hoe u vee by my is,

30. want wat u gehad het vóór my koms was min en dit het tot baie vermeerder. יהוה het u geseën sedert ek my voete hier gesit het. Nou, wanneer sal ek ook vir my eie huis voorsien?”

31. Hy vra: “Wat moet ek vir jou gee?” Ya’akov antwoord: “U hoef my niks te gee nie, as u hierdie ding vir my sal doen, sal ek weer u kleinvee voed en versorg;

32. ek sal vandag deur al u troppe kleinvee gaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer en al die bruines onder die skaaplammers, asook die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit sal my loon wees.

33. Net soos my eerlikheid vandag vir my getuig; net so sal dit wees wanneer my loon voor u gebring word; alles wat nie gestippeld of bont is onder die bokke en wat nie bruin is onder die skaaplammers nie, sal as gesteelde goed by my beskou word.”

34. Lavan antwoord: “O, laat dit wees volgens jou woord!”

35. Ya’akov het dieselfde dag die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie uitgekeer, almal wat wit aan hulle gehad het en almal wat bruin was onder die skaaplammers en dié in sy seuns se hande afgegee.

36. Lavan het drie dae se reis tussen hom en Ya’akov bepaal en Ya’akov het die orige kleinvee van Lavan opgepas.

37. Ya’akov vat vir homself groen latte van populier-, amandel- en plataanhout en hy skil wit strepe daarvan af sodat die wit van die latte wys

38. en hy sit die latte wat hy afgeskil het vlak voor die vee in die trôe, in die drinkbakke waar die vee kom drink het sodat hulle op hitte kom as hulle kom drink.

39. Die vee het op hitte gekom by die latte en die vee het gestreeptes, gestippeldes en bontes gelam.

40. Ya’akov het die lammers geskei en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat bruin was onder Lavan se vee. Hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie saam met Lavan se vee gesit nie.

41. Dit het so gebeur dat elke keer as die sterkste diere op hitte kom, Ya’akov die latte voor die oë van die vee in die trôe sit sodat hulle by die latte sou paar,

42. maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Lavan en die sterkes vir Ya’akov.

43. Die man het uitermate ryk geword en baie vee, slavinne, slawe, kamele en esels gehad.