hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sarai, die vrou van Avram, het vir hom geen kinders voortgebring nie en sy het ’n slavin uit Mitzrayim gehad met die naam van Hagar.

2. Sarai het vir Avram gesê: “Let op, יהוה het van my teruggehou om geboorte te gee. Gaan, wees intiem met my slavin; miskien kan ek kinders deur haar hê.” Avram het na Sarai geluister.

3. Sarai, die vrou van Avram, vat vir Hagar, haar slavin van Mitzrayim en gee haar aan haar man Avram as vrou nadat Avram tien jaar in die land Kena’an gewoon het.

4. Hy was intiem met Hagar en sy het swanger geword. Toe sy sien dat sy swanger is, was haar meesteres veragtelik in haar oë.

5. Sarai sê vir Avram: “Dié onreg aan my gedoen, is op jou! Ek self het my slavin aan jou bors gegee en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat יהוה oordeel tussen my en jou.”

6. Avram antwoord Sarai: “Let op, jou slavin is in jou hand; doen met haar soos dit goed is in jou oë.” Toe het Sarai haar sleg behandel en sy het van haar af weggevlug.

7. Die boodskapper van יהוה het haar by ’n fontein in die woestyn gekry, by die fontein op pad na Shur,

8. en gevra: “Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?” Sy antwoord: “Ek vlug van die teenwoordigheid van my meesteres, Sarai, af weg.”

9. Die boodskapper van יהוה sê vir haar: “Gaan terug na jou meesteres en onderwerp jou onder haar hande.”

10. Verder sê die boodskapper van יהוה vir haar: “Ek sal jou nageslag uitermate vermeerder sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.”

11. Ook sê die boodskapper van יהוה vir haar: “Let op, jy is swanger en sal geboorte gee aan ’n seun en jy moet hom Yishma’el noem, want יהוה het jou in jou ellende gehoor

12. en hy sal ’n wilde-donkie van ’n mens wees: sy hand teen almal en almal se hand teen hom en hy sal téénoor al sy broers bly.”

13. Toe noem sy die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה wat met haar gepraat het: “El-Ro’i,” want sy het gesê: “Het ek selfs hier bly lewe nadat ek Hom gesien het?”

14. Hulle noem daarom die put: Be’er Lagai-Ro’i. Dit lê daar tussen Kadesh en Bered.

15. Hagar het vir Avram ’n seun gebaar en Avram het sy seun, wat Hagar gebaar het, Yishma’el genoem

16. en Avram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar aan Yishma’el geboorte gegee het vir Avram.