hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Noag gesê: “Kom in die ark in, jy en jou hele huisgesin, want Ek het gesien dat jy, in hierdie geslag, alleen onskuldig en opreg is voor My.

2. Van al die rein diere moet jy vir jou sewe mannetjies en sewe wyfies vat, maar van die diere wat nie rein is nie, twee; die mannetjie en sy wyfie.

3. Net so ook sewe mannetjies en sewe wyfies van die rein voëls van die hemel, om hulle saad aan die lewe te hou op die aarde,

4. want oor nog sewe dae sal Ek dit laat reën op die aarde vir veertig dae en veertig nagte en al die lewende wesens, wat Ek gemaak het, van die oppervlak van die aarde af, vernietig.”

5. Noag het alles gedoen wat יהוה hom beveel het.

6. Noag was ses honderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.

7. Noag, sy seuns, sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom, het in die ark ingegaan voor die waters van die vloed.

8. Vanuit die rein diere, vanuit die diere wat nie rein is nie, vanuit die voëls en vanuit alles wat op die aarde kruip,

9. het daar pare saam met Noag in die ark ingegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God vir Noag beveel het.

10. Dit het gebeur dat ná sewe dae die waters van die vloed oor die aarde gekom het.

11. In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dié dag, is al die fonteine van die diep watermassas oopgeskeur en die sluise van die hemel is oopgemaak

12. en die reën het veertig dae en veertig nagte lank oor die aarde geval.

13. Op daardie selfde dag het Noag, Shem, Gam en Yefet, die seuns van Noag, sowel as Noag se vrou en die drie vroue van sy seuns, saam met hulle in die ark ingegaan.

14. Hulle, al die lewende diere volgens hulle spesies, al die vee volgens hulle spesies, al die reptiele volgens hulle spesies en al die voëls volgens hulle spesies, alle voëls van elke soort,

15. van alle vlees wat ’n asem van lewe in het, het twee-twee by Noag in die ark ingegaan.

16. Dié wat ingaan, het ingegaan as mannetjie en wyfie van elke lewende ding, soos God hom beveel het en יהוה het agter hom toegesluit.

17. Die vloed was veertig dae lank oor die aarde: die water het vermeerder en die ark opgelig, hoog bokant die aarde

18. en die water het die oorhand gekry en baie vermeerder oor die aarde terwyl die ark op die waters ronddrywe.

19. Die water het heeltemal die oorhand gekry oor die aarde sodat al die hoë berge onder die ganse hemel toegemaak was.

20. Vyftien el bo die berge het die waters geheers en die berge toegedek.

21. Alle vlees wat op die aarde beweeg: die voëls, die vee, alle lewende en kruipende diere wat op die aarde wemel en al die mense is dood.

22. Alles wat die asem van die gees van lewe in sy neusgate gehad het, alles wat op die oppervlak van die grond was, is dood.

23. Al die lewende wesens wat op die aarde was, is vernietig; die mens, sowel as die vee, die kruipende diere en selfs die voëls van die hemel; hulle is afgevee van die aarde af en net Noag en die wat saam met hom in die ark was, het oorgebly.

24. Die water het die aarde oorweldig vir honderd en vyftig dae lank.