hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 2 Bybel vir Almal (ABA)

Jesus verander water in wyn

1. Twee dae later was daar ’n troue. ’n Man en ’n vrou het getrou in die stad Kana in Galilea. Jesus se ma was ook daar.

2. Die mense het vir Jesus en sy dissipels ook genooi na die troue.

3. Toe die wyn op was, het Jesus se ma vir Hom gesê: “Die wyn is op.”

4. Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, hoekom sê jy dit vir My? Dit is nog nie my tyd nie.”

5. Jesus se ma sê toe vir die kelners: “Julle moet doen wat Jesus vir julle sê.”

6. Daar was ses watervate van klip. Die Jode het die water in die vate gebruik om hulle te reinig. Daar was 90 tot 100 liter water in elke klipvat.

7. Jesus het vir die kelners gesê: “Maak die vate vol water!”Hulle het die vate heeltemal volgemaak.

8. Toe sê Jesus vir hulle: “Skep nou van die water en gee dit vir die hoofkelner!”Hulle het die water vir die hoofkelner gegee.

9. Die hoofkelner het geproe dat die water wyn geword het. Hy het nie geweet van waar die wyn kom nie, maar die kelners wat die water geskep het, het geweet. Die hoofkelner het die bruidegom geroep

10. en vir hom gesê: “’n Mens moet eers die goeie wyn vir jou gaste gee. Later, wanneer die mense baie gedrink het, gee ’n mens die wyn wat nie so goed is nie. Maar jy het die beste wyn gebêre tot nou toe!”

11. Dit was die eerste wonderteken wat Jesus gedoen het. Hy het dit in die stad Kana in Galilea gedoen. So het Jesus vir die mense gewys dat Hy ook God is, en daarom het sy dissipels in Hom geglo.

12. Daarna het Jesus, sy ma, sy broers en sy dissipels na die stad Kapernaum gegaan, maar hulle het nie lank daar gebly nie.

Jesus jaag die verkopers uit die tempel

13. Dit was amper tyd vir die Joodse Paasfees. Daarom het Jesus na Jerusalem gegaan.

14. By die tempel het Hy mense gesien wat beeste, skape en duiwe verkoop. Daar het ook mense gesit wat geld omruil.

15. Toe het Jesus tou geneem en Hy het ’n sweep gemaak. Hy het almal uit die tempel gejaag, ook die skape en die beeste. Hy het die mense wat geld omruil, se geld op die grond gegooi. Hy het hulle tafels ook omgegooi.

16. Hy het vir die mense wat duiwe verkoop, gesê: “Vat weg al hierdie goed! Julle moenie ’n winkel maak van my Vader se tempel nie!”

17. Toe onthou sy dissipels dat daar in die Ou Testament geskryf is: Ek sal sterf omdat Ek lief isvir u tempel.

18. Maar die Jode het vir Jesus gevra: “Wys vir ons ’n wonderteken om vir ons te bewys dat jy al hierdie dinge mag doen.”

19. Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan hierdie tempel afbreek, en Ek sal dit in drie dae weer bou.”

20. Die Jode het gesê: “Die mense het 46 jaar gewerk om die tempel klaar te bou! En jy sê jy sal dit in drie dae weer bou! Ons glo dit nie!”

21. Maar Jesus het van sy eie liggaam gepraat toe Hy van die tempel gepraat het.

22. Later, nadat Jesus gesterf het en toe Hy weer begin lewe het, het die dissipels onthou wat Hy gesê het. Hulle het geglo wat in die Ou Testament geskryf is en wat Jesus gesê het.

Jesus ken mense

23. Jesus was in Jerusalem om die Paasfees te vier. Baie mense het die wondertekens gesien wat Hy gedoen het en daarom het hulle in Hom geglo.

24. Maar Jesus het hulle almal goed geken, en daarom het Hy geweet hulle glo nie regtig nie.

25. Jesus het self geweet wat mense dink. Dit was nie nodig dat iemand vir Hom vertel hoe mense is nie.