hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die woorde van die brief wat Yirmeyahu, die profeet, uit Yerushalayim gestuur het na die res van die oudstes van die ballinge, die priesters, die profete en na die hele volk wat N’vukhadnetzar uit Yerushalayim in ballingskap weggevoer het na Bavel toe.2 Kon 24:12

2. Dit is nádat Y’khanyahu, die koning, die koninginmoeder, die hofamptenare, die prinse van Y’hudah en Yerushalayim, die smede en die ambagsmanne, uit Yerushalayim vertrek het.

3. Dit is per hand saam met El’asah, die seun van Shafan en G’maryah, die seun van Hilkiyahu, vir wie Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, na N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, gestuur het, na Bavel en dit sê:

4. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, aan al die ballinge wat Ek uit Yerushalayim na Bavel in ballingskap gestuur het:

5. ‘Bou huise en woon daarin en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan.

6. Vat vroue en word die vaders van seuns en dogters en vat vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans sodat hulle geboorte kan gee aan seuns en dogters en vermenigvuldig daar en moenie verminder nie.Rom 13:1-6; 1 Tim 2:2

7. Soek die welstand van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggestuur het en bid daarvoor tot יהוה, want in sy welstand sal julle welstand hê,’

8. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Moenie dat julle profete en julle waarsêers wat tussen julle is, julle mislei nie en moenie luister na die drome wat hulle droom nie,

9. want hulle profeteer vir julle vals in My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek het hulle nie gestuur nie,’ verklaar יהוה.2 Kro 36:21

10. So sê יהוה: ‘Wanneer sewentig jaar vir Bavel voltooi is, sal Ek julle besoek en My goeie boodskap aan julle vervul om julle na hierdie plek toe terug te bring,

11. want Ék weet watter planne Ek vir julle het,’ verklaar יהוה, ‘planne vir welvaart en nie van katastrofe nie, om vir julle ’n toekoms en ’n versekerde verwagting te gee,

12. dan sal julle My aanroep en kom en tot My bid en Ek sal na julle luister.

13. Julle sal My soek en vind as julle na My soek met julle hele verstand, wil en emosie.

14. Ek sal deur julle gevind word,’ verklaar יהוה; ‘Ek sal julle voorspoed herstel en julle versamel vanuit al die nasies en vanaf al die plekke waarheen Ek julle verdryf het,’ verklaar יהוה; ‘Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggestuur het.’

15. Omdat julle gesê het: ‘יהוה het vir ons profete opgewek in Bavel;’Yir 52:29,30

16. daarom, so sê יהוה aangaande die koning wat op die troon van Dawid sit en aangaande die hele volk wat in hierdie stad bly, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap gegaan het nie,Yir 24

17. so sê יהוה-Tzva’ot: ‘Let op, Ek stuur die swaard, hongersnood en pes oor hulle en Ek sal hulle maak soos oopgebarste vye wat te vrot is om te eet.

18. Ek sal hulle agtervolg met die swaard, met hongersnood en met die pes en Ek sal van hulle ’n verskrikking maak vir al die koninkryke van die aarde, om ’n vervloeking, ’n afsku, ’n bespotting en ’n smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het, te wees

19. omdat hulle nie na My woorde geluister het nie,’ verklaar יהוה, ‘wat Ek keer op keer deur My diensknegte, die profete, na hulle gestuur het, maar hulle het nie geluister nie,’ verklaar יהוה.

20. Julle, daarom, hoor, luister en doen die woord van יהוה, al julle ballinge wat Ek uit Yerushalayim na Bavel weggestuur het!

21. So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, aangaande Ag’av, die seun van Kolayah en aangaande Tzidkiyahu, die seun van Ma’aseiyah, wat vir julle valslik in My Naam (Karakter en Outoriteit) profeteer: ‘Let op, Ek sal hulle in die hand van N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, oorgee en hy sal hulle voor julle oë neerslaan.

22. As gevolg van hulle sal ’n vloek gebruik word deur al die ballinge van Y’hudah wat in Bavel is en sê: “Mag יהוה jou maak soos Tzidkiyahu en soos Ag’av, wat deur die koning van Bavel in die vuur gebraai is

23. omdat hulle dwaas gehandel het in Yisra’el en owerspel met die vroue van hulle naaste gepleeg het en woorde in My Naam (Karakter en Outoriteit) valslik gepraat het, wat Ek hulle nie beveel het nie en Ek is die Een wat weet en ’n Getuie is,” verklaar יהוה.’”

24. Met Sh’ma’yah, die Negelamiet, moet jy praat en sê:

25. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Jy het briewe in jou eie naam (karakter en outoriteit) na al die mense wat in Yerushalayim is, getuur en na Tz’fanyah, die seun van Ma’aseiyah, die priester en na al die priesters, wat sê:

26. “יהוה het jou as priester aangestel in die plek van Y’hoyada, die priester, om die toesighouer in die huis van יהוה te wees oor elke kranksinnige wat profeteer, om hom in die blok en in die nekyster te sit;

27. nou dan, waarom het jy nie vir Yirmeyahu, van `Anatot, tereggewys wat by julle profeteer nie,

28. want hy het vir ons in Bavel laat weet en gesê: ‘Dit sal lank duur; bou huise en woon daarin en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?”’”’

29. Tz’fanyah, die priester, het hierdie brief vir Yirmeyahu, die profeet, gelees.

30. Toe kom die woord van יהוה tot Yirmeyahu en sê:

31. “Stuur aan al die ballinge en sê: ‘So sê יהוה aangaande Sh’ma’yah, die Negelamiet: “Omdat Sh’ma’yah vir julle geprofeteer het alhoewel Ek hom nie gestuur het nie en julle in ’n leuen laat vertrou het,

32. daarom,” so sê יהוה: “let op, Ek is op die punt om Sh’ma’yah, die Negelamiet en sy nageslag te straf; hy sal niemand hê wat leef tussen hierdie volk nie en hy sal nie die goeie sien wat Ek op die punt is om aan My volk te doen nie,” verklaar יהוה, “want hy het rebellie teen יהוה verkondig.”’”