hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sodra Yirmeyahu, vir wie יהוה, hulle God, gestuur het, klaar was om al die woorde van יהוה, hulle God, aan hulle oor te dra; naamlik al hierdie woorde;

2. het `Uziyah, die seun van Hosha’yah, Yoganan, die seun van Kareag en al die arrogante manne vir Yirmeyahu gesê: “U vertel ’n leuen! יהוה, ons God, het u nie gestuur om te sê: ‘Julle mag Mitzrayim nie binnegaan om daar te bly nie.’

3. Barukh, die seun van Neriyah, hits u egter teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Kasdeërs sodat hulle ons kan doodmaak of ons in ballingskap na Bavel kan vat.”

4. Yoganan, die seun van Kareag, al die bevelvoerders van die leërs en die hele volk het nie die stem van יהוה gehoorsaam om in die land van Y’hudah te bly nie,

5. maar Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs het almal wat oorgebly het van Y’hudah gevat, wat vanuit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land van Y’hudah te bly,

6. die manne, die vroue, die kinders, die dogters van die koning en al die mense wat N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, by G’dalyah, die seun van Agikam, die kleinseun van Shafan, gelos het saam met Yirmeyahu, die profeet en Barukh, die seun van Neriyah

7. en hulle het die land van Mitzrayim binne gegaan, want hulle het nie die stem van יהוה gehoorsaam nie en ingegaan so ver as Tagpanges.

8. Toe het die woord van יהוה tot Yirmeyahu gekom in Tagpanges en gesê:

9. “Vat groot klippe in jou hand en begrawe hulle in die klei in die steen vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpanges is, voor die oë van sommige van die Y’hudahiete

10. en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek stuur en laat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, My kneg, haal en Ek sal sy troon opstel bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het en hy sal sy skadutent daaroor uitspan.

11. Hy sal ook kom en die land van Mitzrayim slaan; die wat vir die dood bedoel is, sal oorgegee word aan die dood en wie vir gevangeskap, aan die gevangeskap en wie vir die swaard, aan die swaard!

12. Ek sal ’n vuur aansteek in die tempels van die gode van Mitzrayim en hy sal hulle verbrand en hulle gevange neem. So sal hy hom toevou in die land van Mitzrayim soos ’n herder hom toevou in sy kleed en hy sal daarvandaan veilig wegtrek.

13. Hy sal ook die klippilare van die huis van die son (Heliopolis), wat in Mitzrayim is, vergruis en die tempels van die gode van Mitzrayim sal hy met vuur verbrand.”’”