hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Yerushalayim ingeneem is in die negende jaar van Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, in die tiende maand, het N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, met sy hele leër na Yerushalayim gekom en dit beleër;2 Kon 25:1-3

2. in die elfde jaar van Tzidkiyahu, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek.

3. Toe het al die amptenare van die koning van Bavel gekom en gaan sit by die Middel-Poort: Nergal-Sar’etzer, Shamgar-N’vo, Sars’khim, die hoof kamerling, NergalSar’etzer, die hoof waarsêer en al die ander amptenare van die koning van Bavel.

4. Toe Tzidkiyahu, koning van Y’hudah en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad uitgegaan deur die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure en hy het uitgegaan in die rigting van die wildernis,

5. maar die leër van die Kasdeërs het hulle agternagejaag en Tzidkiyahu in die vlaktes van Yerigo ingehaal, hom gevang en hom na N’vukhadnetzar, koning van Bavel gebring, by Rivlah in die land van Hamat en hy het ’n vonnis oor hom uitgespreek.

6. Toe het die koning van Bavel die seuns van Tzidkiyahu voor sy oë in Rivlah dood gemaak; die koning van Bavel het ook al die edeles van Y’hudah dood gemaak.2 Kon 25:4-7

7. Hy het toe die oë van Tzidkiyahu laat verblind en hom met koper kettings geboei om hom na Bavel te bring.Yir 32:29

8. Die Kasdeërs het ook die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand en die mure van Yerushalayim afgebreek.

9. Wat betref die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het, die oorlopers wat na hom toe oorgeloop het en die deel van die volk wat nog oorgebly het; N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, het hulle in ballingskap weggevoer na Bavel,

10. maar sommige van die armste mense wat niks gehad het nie, het N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, in die land Y’hudah laat agterbly en vir hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.

11. N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het deur N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, aangaande Yirmeyahu beveel en gesê:

12. “Vat hom en kyk na hom en doen hom geen kwaad nie, maar doen vir hom soos hy vir jou sal sê.”

13. N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, N’vusásban, die hoof kamerling en Nergal-Sar’etzer, die hoof waarsêer en al die hoof amptenare van die koning van Bavel, het gestuur

14. en Yirmeyahu uit die hof van die waghuis uitgehaal en hom toevertrou aan G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, om hom huis toe te bring. So het hy tussen die volk gebly.

15. Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom terwyl hy in die hof van die waghuis opgesluit was en gesê:

16. “Gaan praat met `Eved-Melekh, die Kushiet en sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek is op die punt om My woorde oor hierdie stad ten rampe en nie ten voorspoed te bring nie en dit sal voor jou oë vervul word op dié dag,

17. maar Ek sal jou in dié dag bevry,” verklaar יהוה “en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie,

18. want Ek sal jou sekerlik red en jy sal nie deur die swaard val nie, maar jy sal jou eie lewe as buit hê omdat jy op My vertrou het,” verklaar יהוה.’”