hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ag, het ek maar ’n herberg vir reisigers in die woestyn gehad sodat ek my volk kon verlaat en van hulle af kon weggaan, want almal van hulle is owerspelers, ’n vergadering van valse mense.

2. “Hulle span hulle tong, soos hulle boog; leuens, nie waarheid nie, hou aan in die land, want hulle gaan voort van boosheid tot boosheid en hulle ken My nie,” verklaar יהוה.

3. “Laat elkeen op sy hoede wees vir sy naaste en vertrou op geen broer nie, want elke broer handel onderduims en elke naaste gaan as ’n kwaadprater om.

4. Elkeen bedrieg sy naaste en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat; hulle maak hulself moeg met onregverdigheid.

5. Jou blyplek is in die middel van misleiding; deur misleiding weier hulle om My te ken,” verklaar יהוה.Yes 1:25

6. יהוה-Tzva’ot sê daarom: “Let op, Ek suiwer hulle en toets hulle, want wat anders kan Ek doen as gevolg van die dogter van My volk?

7. Hulle tong is ’n dodelike pyl; dit praat misleiding; met sy mond praat een vrede met sy naaste, maar in sy binneste stel hy vir hom ’n hinderlaag op.

8. Sou Ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” verklaar יהוה. “Sou Ek Myself nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

9. Ek sal ’n gehuil en ’n gekla opneem vir die berge en ’n treurlied oor die weivelde van die wildernis, want hulle is verwoes sodat niemand daar deur gaan nie en die gebulk van beeste word nie gehoor nie; beide die voëls van die hemel en die diere het gevlug; hulle is weg.

10. Ek sal van Yerushalayim ’n puinhoop maak, ’n lêplek van jakkalse en die stede van Y’hudah ’n verlatenheid, sonder inwoning.”

11. Wie is die wyse man wat dit mag verstaan? Wie is hy met wie die mond van יהוה gepraat het dat hy dit kan verkondig? Waarom is die land vernietig, verwoes soos ’n woestyn sodat niemand deur gaan nie?

12. יהוה het gesê: “Omdat hulle My wet, wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en nie My stem gehoorsaam of daarvolgens geloop het nie,

13. maar geloop het agter die hardkoppigheid van hulle verstand, wil en emosie en agter die Ba’als aan, soos hulle vaders hulle geleer het,”

14. sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let daarom op, Ek sal hulle, hierdie volk, met wilde-als voed en vir hulle giftige water gee om te drink.

15. Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nie hulle of hul vaders geken het nie en Ek sal die swaard agter hulle aanstuur totdat Ek hulle uitgewis het.”

16. So sê יהוה-Tzva’ot: “Oorweeg en roep die klaagvroue sodat hulle kom en stuur na die huilvroue sodat hulle kan kom!

17. Laat hulle gou maak en ’n weeklag opneem vir ons sodat ons oë trane kan stort en ons ooglede stroom met water,

18. want die geluid van weeklag word uit Tziyon gehoor: ‘Hoe is ons nie verwoes nie! Ons is tot diep skande gemaak, want ons het die land verlaat omdat hulle ons wonings afgebreek het.’”

19. Luister en hoor nou die woord van יהוה, o vroue en laat julle ore die woord van Sy mond ontvang; leer julle dogters ’n weeklag en vir mekaar ’n treurlied,

20. want die dood het deur ons vensters opgekom, in ons paleise ingekom om die seuns van die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.

21. Sê: “So sê יהוה: ‘Die lyke van mense sal val soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier, maar niemand sal dit bymekaarmaak nie.’”Rom 1:22 en laat die magtige man hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie,Ps 34:3; 1 Kor 1:31; Open 3:17

22. So sê יהוה: “Laat ’n wyse man hom nie beroem op sy wysheid nieYo’el 2:13; 2 Kor 10:17

23. maar laat hy wat wil roem, hierop roem: dat hy verstaan en My ken, dat Ek יהוה is wat liefdevolle goedheid, regverdige oordeel en onpartydige opregtheid op die aarde uitoefen, want Ek verheug My in dié dinge,” verklaar יהוה.Lev 26:41; Deut 10:16; Yo’el 2:13; Rom 2:29; Kol 2:11

24. “Let op, die dae kom,” verklaar יהוה, “dat Ek almal sal straf wat besny is en tog onbesnede is:Hand 7:51

25. Mitzrayim, Y’hudah, Edom, die seuns van `Ammon, Mo’av en almal wat die kante van hul baard in stukke afsny, wat in die woestyn bly, want al hierdie nasies is onbesnede en die hele huis van Yisra’el is onbesnede van verstand, wil en emosie.”

26. (Verse anders verdeel in hierdie vertaling)