hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nadat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, vir Y’khanyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, die amptenare van Y’hudah en die ambagsmanne en die smede uit Yerushalayim in gevangeskap weggevoer en hulle na Bavel gebring het,

2. een mandjie het baie goeie vye, soos die eerste-ryp vye en die ander mandjie het baie slegte vye, wat nie geëet kon word nie, so vrot was dit.

3. Toe het יהוה vir my gesê: “Wat sien jy, Yirmeyahu?” Ek het geantwoord: “Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg. So vrot, dit is te sleg om te eet.”

4. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

5. “So sê יהוה, God van Yisra’el: ‘Soos hierdie goeie vye, so sal Ek die gevangenes van Y’hudah, wat Ek uit hierdie plek na die land van die Kasdeërs gestuur het, as goed beskou,

6. want Ek sal My oog oor hulle laat gaan vir die goeie en Ek sal hulle weer na hierdie land toe bring en Ek sal hulle opbou en nie afbreek nie en hulle plant en nie uitruk nie.

7. Ek sal vir hulle ’n verstand, wil en emosie gee om My te ken, want Ek is יהוה en hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkeer met hul hele verstand, wil en emosie,2 Kon 24:17-25:26

8. maar soos die slegte vye wat te vrot is om te eet, inderdaad, so sê יהוה, só sal Ek Tzidkiyahu, koning van Y’hudah en sy amptenare en die wat oorbly in Yerushalayim, wat in hierdie land gebly het en die wat in Mitzrayim bly, verlaat.

9. Ek sal van hulle ’n verskrikking en boosheid maak vir al die koninkryke van die aarde, ’n bespotting en ’n spreekwoord, ’n belediging en ’n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle sal verstrooi.

10. Ek sal die swaard, die hongersnood en die pes oor hulle stuur totdat hulle vernietig is vanuit die land wat Ek vir hulle en hul vaders gegee het.’”