hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat vanaf יהוה tot Yirmeyahu gekom het toe koning Tzidkiyahu vir Pash’gur, die seun van Malkiyah en Tz’fanyah, die priester, die seun van Ma’aseiyah, na hom toe gestuur het met die woorde:

2. “Raadpleeg יהוה asseblief namens ons, want N’vukhadnetzar, koning van Bavel, maak oorlog teen ons; miskien sal יהוה met ons handel volgens al Sy wonderlike dade sodat hy van ons af sal terugtrek.”

3. Toe het Yirmeyahu vir hulle gesê: “Julle moet vir Tzidkiyahu die volgende sê:

4. ‘So sê יהוה, die God van Yisra’el: “Let op, Ek is op die punt om die oorlogswapens wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer teen die koning van Bavel en teen die Kasdeërs wat julle buite die muur beleër, terug te draai en Ek sal dit in die middel van hierdie stad versamel.

5. Ek self sal teen julle oorlog maak met ’n uitgestrekte hand en ’n magtige arm, in toorn en in woede en in groot verontwaardiging.

6. Ek sal ook die inwoners van hierdie stad neerslaan, beide mens en dier; hulle sal sterf van ’n groot pes.2 Kon 25

7. Dan, daarna,” verklaar יהוה,” sal Ek Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, sy diensknegte en die volk, selfs die wat in hierdie stad die pes, die swaard en die hongersnood oorleef het, oorgee in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek en hy sal hulle neerslaan met die skerpte van die swaard. Hy sal hulle nie spaar nie en ook geen jammerte of omgee hê nie.’”

8. “Jy moet ook vir hierdie volk sê: ‘So sê יהוה: “Let op, Ek hou julle die pad van die lewe én die pad van die dood voor:2 Kon 24:12; 2 Kon 25:27-30

9. hy wat in hierdie stad bly, sal sterf deur die swaard en deur hongersnood en deur die pes, maar hy wat uitgaan en oorloop na die Kasdeërs wat julle beleër, sal lewe en sy eie lewe sal vir hom buit wees,2 Kon 25:9

10. want Ek het My gesig teen hierdie stad gerig ten skade en nie ten goede nie,” verklaar יהוה. “Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Bavel en hy sal dit met vuur verbrand.’”

11. “Sê dan vir die huishouding van die koning van Y’hudah: ‘Hoor, luister en doen die woord van יהוה.

12. O huis van Dawid, so sê יהוה: “Pas elke oggend die reg toe en red hulle wat beroof is uit die hand van sy onderdrukker sodat My wraak nie uitgaan en brand soos ’n vuur met niemand om dit te blus, weens die boosheid van hulle dade nie.

13. Let op, Ek is teen jou, o inwoner van die vallei, rots van die vlakte,” verklaar יהוה. “Julle wat sê: ‘Wie sal afkom teen ons, of wie sal in ons blyplekke inkom?’

14. Ek sal julle egter volgens die vrug van julle dade straf,” verklaar יהוה; “en Ek sal ’n vuur aansteek in sy woud sodat dit sy hele omgewing verteer.”’”