hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit wat na Yirmeyahu gekom het as die boodskap van יהוה aangaande die groot droogte.

2. “Y’hudah treur en haar poorte verval; hulle sit op die grond in rou en die uitroep van Yerushalayim gaan op.

3. Hulle vernames het hulle bediendes gestuur vir water; hulle het by die bakke gekom en geen water gekry nie. Hulle het teruggekom met hulle houers leeg; hulle is beskaamd en verneder en hulle bedek hulle koppe.

4. Omdat die grond gebars is, want daar was geen reën op die land nie, kom die landbouers tot skande, hulle bedek hulle koppe,

5. want selfs die wildsbokooi in die veld het geboorte gegee, net om haar lam te verwerp omdat daar geen gras is nie.

6. Die wilde-donkies staan op die kaal heuwels, hulle snuif die lug op soos jakkalse; hulle oë faal omdat daar geen gras is nie.

7. Alhoewel ons oortredinge teen ons getuig, o יהוה, tree op ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil! Waarlik, ons afdwalings was baie, ons het teen U gesondig.

8. O, Verwagting van Yisra’el, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom is U soos ’n vreemdeling in die land of soos ’n reisiger wat sy tent vir die nag opgeslaan het?

9. Waarom is U soos ’n man wat verslae is, soos ’n magtige man wat nie kan red nie? Tog is U in ons midde, o יהוה en ons word volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) genoem. Moet ons nie verlaat nie!”

10. So sê יהוה vir hierdie volk: “Selfs al het hulle daarvan gehou om te swerwe, het hulle nie hul voete in toom gehou nie; daarom aanvaar יהוה hulle nie. Nou sal Hy hulle onregverdigheid onthou en hulle sondes oproep tot verantwoording.”

11. יהוה het vir my gesê: “Moenie bid vir die welstand van hierdie volk nie.

12. As hulle vas, gaan Ek nie na hulle uitroep luister nie en as hulle brandoffers en graanoffers bring, gaan Ek hulle nie aanvaar nie. Ek gaan eerder ’n einde aan hulle maak deur die swaard, hongersnood en pes.”

13. Ek het egter gesê: “Ag, Meester, יהוה, kyk, die profete sê vir hulle: ‘Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie, maar Ek sal vir julle ’n standhoudende vrede gee in hierdie plek.’”Yeg 13

14. Toe het יהוה vir my gesê: “Die profete profeteer valsheid in My Naam (Karakter en Outoriteit). Ek het hulle nie gestuur, of hulle beveel of met hulle gepraat nie; hulle profeteer vir julle ’n vals visioen, waarsêery, nutteloosheid en die misleiding van hulle eie gedagtes.

15. יהוה sê daarom: “Aangaande die profete wat profeteer in My Naam (Karakter en Outoriteit), alhoewel dit nie Ek is wat hulle gestuur het nie; tog hou hulle aan sê: ‘Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie.’ Daardie profete sal deur swaard en hongersnood hulle einde tegemoet gaan!

16. Ook die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Yerushalayim uitgegooi word vanweë die hongersnood en die swaard en daar sal niemand wees om hulle te begrawe nie; nie hulle, of hulle vrouens, of hulle seuns, of hulle dogters nie, want Ek sal hulle eie boosheid oor hulle uitstort.

17. Jy moet hierdie woord vir hulle sê: ‘Laat My oë afloop in trane nag en dag en nie ophou nie, want die maagdelike dogter van My volk is gebreek met ’n magtige hou, met ’n ernstig geïnfekteerde wond.

18. As Ek uitgaan in die platteland, let op, die wat neergeslaan is met die swaard; of as Ek in die stad ingaan, let op, siektes van hongersnood, want beide profeet en priester het in die land rondvertel wat hulle nie weet nie.’”

19. Het U Y’hudah heeltemal verwerp? Of het U Tziyon verafsku? Waarom het U ons geslaan sodat ons verby genesing is? Ons het gewag op vrede, maar niks goeds het gekom nie en op ’n tyd van genesing, maar let op, verskrikking!

20. יהוה, ons ken ons boosheid, die onregverdigheid van ons vaders, want ons het teen U gesondig.

21. Moet ons nie, ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit), verag nie; moenie die troon van U lof, eer en aanbidding onteer nie; onthou en moenie U verbond met ons kanselleer nie.

22. Is daar enige onder die afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie toestaan? Is dit nie U nie, o יהוה, ons God? Ons verwagting is daarom van U, want U is die Een wat al hierdie dinge doen.