hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In dieselfde jaar, in die begin van die regering van Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hananyah, die seun van `Azzur, die profeet, wat uit Gib’on kom, met my gepraat in die huis van יהוה in die teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:

2. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Ek het die juk van die koning van Bavel verbreek.

3. Binne twee jaar sal Ek na hierdie plek terugbring al die voorwerpe van die huis van יהוה wat N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, uit hierdie plek weggevat en na Bavel gebring het.2 Kon 25:27-30

4. Ek gaan ook vir Y’khonyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah en al die ballinge van Y’hudah wat na Bavel gegaan het, terugbring,’ verklaar יהוה; ‘want Ek sal die juk van die koning van Bavel verbreek.’”

5. Toe het Yirmeyahu, die profeet, met Hananyah, die profeet, gepraat in die teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van יהוה gestaan het

6. en die profeet Yirmeyahu het gesê: “Dit is waar, mag יהוה so doen; mag יהוה jou woorde wat jy geprofeteer het bevestig om die voorwerpe van die huis van יהוה en al die ballinge uit Bavel na hierdie plek toe terug te bring!

7. Tog, luister nou na hierdie woord wat ek voor julle ore praat en voor die ore van die hele volk:

8. “Die profete wat voor my en voor jou was, het van ouds af geprofeteer teen baie lande en teen groot koninkryke, van oorlog en katastrofes en pes.

9. Die profeet wat profeteer van vrede: wanneer die woord van die profeet waar word, sal die profeet bekend wees as een wat waarlik deur יהוה gestuur is.”

10. Toe het Hananyah, die profeet, die juk van die nek van Yirmeyahu, die profeet, afgehaal en dit gebreek.

11. En Hananyah het gepraat in die teenwoordigheid van die hele volk en gesê: “So sê יהוה: ‘Net so sal Ek die juk van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, binne twee jaar van die nek van al die nasies verbreek.’” Toe het die profeet Yirmeyahu weggegaan.

12. Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom, nadat die profeet Hananyah die juk van die nek van die profeet Yirmeyahu afgebreek het en gesê:

13. “Gaan praat met Hananyah en sê: ‘So sê יהוה: “Jy het die jukke van hout gebreek, maar jy het in die plek daarvan yster jukke gemaak,”

14. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Ek het ’n yster juk op die nek van al hierdie nasies gelê om N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, te dien en hulle sal hom dien. Ek het ook vir hom die wilde diere van die veld gegee.”’”

15. Toe het Yirmeyahu, die profeet, vir Hananyah, die profeet, gesê: “Luister nou, Hananyah, יהוה het jou nie gestuur nie en jy het hierdie volk in ’n leuen laat vertrou;

16. daarom, so sê יהוה: ‘Let op, Ek is op die punt om jou van die aarde af te verwyder; hierdie jaar sal jy sterf omdat jy rebellie teen יהוה beraad het.’”

17. Hananyah, die profeet, het in dieselfde jaar, in die sewende maand, gesterf.