hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Verkondig daarom wysheid en insig sal jou antwoord,

2. want wysheid is op die top van die hoë plekke, sy staan tussen die roetes en langs die paaie.

3. Sy roep uit by die poorte, by die ingang na die stad, roep sy hardop uit en sê:

4. “Ek roep na julle, o manne en my stem is tot die seuns van die mens gerig

5. sodat eenvoudiges insig en begrip kan verstaan en dwase in hulle verstand, wil en emosie kan verstaan.

6. Luister, hoor en doen, want ek sal waarheid praat en die oopmaak van my mond sal opregtheid voortbring,

7. want my mond sal waarheid praat en leuenagtige lippe is verwerplik voor my.

8. Al die woorde van my mond is onpartydig opreg, daar is niks pervers of misleidend in hulle nie.

9. Hulle is almal duidelik vir die wat hulle verstaan en reg vir die wat gewillig is om kennis te vind.

10. Ontvang dissipline eerder as silwer en kies eerder kennis as fyn goud,

11. want wysheid is baie beter as fyn goud, ja, sy is beter as edelstene en niks kan met haar vergelyk word nie.

12. Ek, wysheid, het insig en begrip geskep en ek besit kennis en rede.

13. Die respekvolle vrees van יהוה minag boosheid; hoogmoed, trots, ’n bose pad en perverse spraak haat ek.

14. Raadgewing en begripsvermoë is myne; insig en sterkte is myne.

15. Deur my regeer konings en verklaar prinse regverdige oordeel;

16. deur my heers prinse en edelmanne, al die regters van die aarde.

17. Ek het lief dié wat my liefhet en dié wat my soek, sal my vind.

18. Rykdom en eer is myne, ja, standhoudende rykdom en onpartydige opregtheid.

19. My vrug is beter as fyn goud en my opbrengs as uitgesoekte silwer.

20. Ek lei op die pad van onpartydige opregtheid, te midde van die paaie van regverdige oordeel,

21. om aan dié wat my liefhet, ’n versekerde verwagting te gee en ek sal hulle skatkamers volmaak.

22. יהוה het my geskep as eersteling van Sy skepping, voor al Sy werke.

23. Ek is van ewigheid af gevestig, vanaf die begin, voordat Hy die aarde gemaak het.

24. Toe daar nog geen dieptes was nie, is ek gebore; toe daar geen fonteine, oorlopens met water, was nie.

25. Voordat die berge gevestig is, voor die heuwels gevorm is, is ek gebore

26. terwyl Hy nog nie die aarde, die valleie of die beste grond van die wêreld gemaak het nie.

27. Toe Hy die hemele vasgestel het, was ek daar; toe Hy ’n kring afgetrek het op die oppervlakte van die dieptes;

28. toe Hy die wolke daarbo gevestig het, toe Hy die fonteine van die dieptes versterk het;Ps 104:5,9

29. toe Hy vir die see sy grens gestel het sodat die waters nie Sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondasies van die aarde neergelê het,

30. het ek dit saam met Hom vasgestel en ek was daagliks Sy genot, altyd in vreugde voor Sy Teenwoordigheid,

31. laggend en spelend op Sy bewoonbare aarde en my vreugde was in die seuns van die mens.

32. Luister, hoor en doen wat ek sê, seuns, want geseënd is hulle wat my lewenswyse navolg.

33. Luister, hoor en doen die instruksies en wees wys en moenie afdwaal nie.

34. Geseënd is die man wat na my luister, dit hoor en doen, daagliks wakend by my poorte, wagtend by my deurpos,

35. want my doelstellings is die dinge van die lewe, hulle verkondig die wil van יהוה.

36. Hulle wat teen My sondig, benadeel hul eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.”