hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer jy sit om saam met ’n heerser te eet, let noukeurig op wat voor jou opgedien word

2. dat jy nie gif in jou mond sou sit nie. As jy ’n man met ’n uitermatige eetlus is,

3. moenie sy kos begeer nie, want sy brood is brood van bedrog.1 Tim 6:9

4. Moenie argumenteer met ’n ryk man nie, maar bly wyslik van hom af weg,

5. want as jy jou oë op hom sou vestig, kan jy hom nie sien nie, want hy maak vir homself vlerke soos die arend en vlieg weg in die lug!

6. Moenie saam met iemand eet wat ’n bose oog het (suinig is), of sy kos begeer nie,

7. want hy is soos een wat pik insluk, net so sal jy saam met hom eet en drink, maar sy verstand, wil en emosie is nie by jou nie.

8. Die stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspoeg en jy sal jou soet woorde verloor.

9. Moenie in die teenwoordigheid van ’n dwaas praat nie, want hy sal die wysheid van jou woorde verag.

10. Moenie die ou grenslyne verwyder nie, of in die landerye van die vaderlose ingaan nie,

11. want hulle Verlosser is magtig, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

12. Draai jou verstand, wil en emosie na dissipline en jou oor na woorde van kennis.

13. Moenie tugtiging terughou van die seun nie, want as jy hom slaan, sal hy nie sterf nie,

14. want as jy hom met die lat slaan, sal jy sy lewe uit Sh’ol red.

15. My seun, as jou verstand, wil en emosie wys is, sal my verstand, wil en emosie verheug wees.

16. Ja, my verstand, wil en emosie sal verheug wees as jy dinge wat reg is, praat.

17. Moenie dat jou verstand, wil en emosie die sondaars beny nie, maar vrees יהוה die hele dag lank respekvol,

18. want jy sal sekerlik ’n toekoms hê en jou versekerde verwagting sal nie afgesny word nie.

19. Luister, hoor en doen, my seun, wees wys en maak my raad vas in jou verstand.

20. Wees nie dronk met wyn nie en wees nie ’n oormatige eter van vleis nie,

21. want die dronkaard en oormatige eter sal arm word en slaperigheid sal ’n man met stukkende klere klee.

22. Luister na jou vader wat jou verwek het en doen dit en moenie jou moeder verag wanneer sy oud is nie.

23. Koop die waarheid en verkoop nie wysheid nie; koop ook insig en dissipline.

24. Die vader van ’n regverdige sal hom baie verheug en hy wat ’n wyse kind verwek het, sal bly wees.

25. Jou vader en jou moeder sal bly wees oor jou en die een wat aan jou geboorte gegee het, sal gelukkig wees.

26. My seun, gee vir my jou verstand, wil en emosie en laat jou oë my lewenswyses beskou,

27. want ’n hoer is ’n diep put en ’n vreemde vrou is ’n nou put.

28. Sy vernietig mans skielik en vermeerder onreg onder die mens.

29. Wie het probleme? Wie het moeilikheid? Wie het teëstand? Wie het harde tye? Wie het wonde sonder oorsaak? Wie het rooi oë?Spr 20:1 maar gesels met regverdige manne; loop en praat met hulle.

30. Dié wat lank oor die wyn bly en wat soek na ’n drinkplek. Moenie dronk wees van wyn nie,

31. Oordink onpartydige opregtheid en moenie kyk na die wyn as dit rooi is in die beker nie,

32. want teen die einde byt dit soos ’n slang en wond dit soos ’n adder.

33. Wanneer jou oë na ’n vreemde vrou kyk, sal jou verstand, wil en emosie pervers optree

34. en jy sal wees soos een wat in die see gaan lê of soos ’n matroos in ’n storm.

35. Hulle het my geslaan, sal jy sê, maar ek het nie gely nie; hulle het my gespot, maar ek het dit nie geweet nie; wanneer ek sober wakker word, sal ek gaan en dit weer opsoek.